www.wikidata.af-za.nina.az
Mohandas Karamchand Gandhi Gujarati મ હનદ સ કરમચ દ ગ ધ Devanagari म हनद स करमच द ग ध 2 Oktober 1869 30 Januarie 1948 genoem Mahatma Gandhi groot Siel Gandhi soos hy populer bekend staan en uit eerbied genoem word was die denker en charismatiese volksleier wat Britse koloniale Indie heerskappy bevraagteken het en onder die wereld se aandag gebring het Sy idees veral die satyagraha model van vreedsame protes het nasionalistiese bewegings internasionaal beinvloed Mohandas Karamchand GandhiMahatma Gandhi in die laat 1930 sGeboreMohandas Karamchand Gandhi2 Oktober 1869Porbandar Brits IndieSterf30 Januarie 1948 op 78 Nieu Delhi IndieNasionaliteitIndiesBeroepAdvokaat woordvoerder onderwyser moraal asketiese en pasifis Bekend virLeier van die Indiese Onafhanklikheidsbeweging askeet pasifisTitelGroot Siel GandhiPolitieke partyIndian National CongressEggenootKasturba GandhiKindersHarilalManilalRamdasDevdasHandtekening Mahatma Gandhi en sy vrou Kasturbhai in 1902Gandhi het by wyse van onder andere n hongerstaking Indie se onafhanklikheid van die Britse oorheersing bewerkstellig en daarmee ander volke wat onder koloniale heerskappy gestaan het geinspireer om hul onafhanklikheid te verkry Sy aktiwiteite het uiteindelik bygedra tot die einde van die koloniale era van die Britse Ryk en die opkoms van die Britse Statebond Gandhi se konsep van satyagraha waarheidsmag wat vertaal kan word as weg van die waarheid of navolging van die waarheid het heelwat demokratiese en anti rassistiese aktiviste geinspireer insluitende Martin Luther King jr en Nelson Mandela Gandhi se lewenswaarhede het uit tradisionele Hindoe oortuigings ontstaan en sluit waarheid satya en vreedsaamheid ahimsa in Inhoud 1 Die eervolle titel Mahatma 2 Belangrikste prestasies 3 Lewensgeskiedenis 3 1 Verblyf in Suid Afrika 3 2 Terugkeer na Indie 4 Verwysings 5 Eksterne skakelsDie eervolle titel Mahatma WysigDie naam Mahatma word verkeerdelik as Gandhi se naam beskou maar is n Sanskritbenaming wat verhewe siel beteken 1 In sy outobiografie verduidelik Gandhi dat hy nooit enige waarde aan die titel geheg het nie 2 3 Belangrikste prestasies Wysig Karikatuur van Mahatma Gandhi Jozef Goslawski 1932 Mohandas Karamchand Gandhi word deur sommige as een van die mees invloedryke morele kragte van die Twintigste Eeu beskou 4 Sy eenvoudige leefwyse sy liefde vir armes en sy verwerping van enige vorm van geweld het hom die sentrale figuur in Brits Indie se bevrydingstryd gemaak Hy word steeds vandag as voorbeeld voorgehou vir alle pasifiste wat alternatiewe metodes vir gewelddadige protes soek As prokureur in Suid Afrika wat onder Britse koloniale heerskappy was het Gandhi hom veral vir die regte van Indiese kontrakwerkers in Natal beywer Gandhi se politieke filosofie was gebaseer op die konsep van pasifistiese teenstand Die tweeledige filosofie bestaan uit ahimsa en satyagraha Ahimsa is n antieke Hindoekonsep wat geweldloosheid teenoor alle mense en diere voorskryf Satyagraha bepaal in wese om die waarheid te behou Gandhi het die waarhede van liefde en geestesoortuiging eerder as geweld as oorheersende lewensbeginsels beskou Hy het dit nie as die wapen van die swakker party of as geriefsmetode gesien nie maar as n manier om die teenstander deur die krag van eie lyding waarheid en gees te oorwin Gandhi se filosofie was grootliks beinvloed deur werke so uiteenlopend as die Bhagavad Gita die Nuwe Testament en die werke van Leo Tolstoi wat sy vurige bepleiting vir godsdienstige verdraagsaamheid verduidelik Met sy terugkeer na sy eie land het Gandhi homself onmiddellik beywer vir die stryd vir Indiese onafhanklikheid en herhaaldelik gebruik gemaak van satyagraha sielkrag Die doel van sy veldtogte vir passiewe teenstand en opeenvolgende besoeke aan klein Indiergemeenskappe was om Britse beheer in Indie te beeindig om Moslems en Hindoes in Indie te versoen en om n einde te maak aan die kastestelsel wat miljoene Indiers tot die minderwaardige staat van onaanraakbaar verlaag het In 1947 het die Britse regering sy besluit aangekondig om Indie te verlaat Gandhi se droom van onafhanklikheid vir Indie was bewaarheid Toenemende haat tussen Moslems en Hindoes het hom egter verdriet veroorsaak en ook sy dood in 1948 toe hy tromp op deur n Hindoe ekstremis geskiet is wat hom blameer het vir die verlies van n deel van Indie Pakistan aan die Moslems Lewensgeskiedenis WysigGandhi is in 1869 in Porbandar Kathiawar gebore Hy het n regsgraad in Engeland behaal en op die ouderdom van 24 na Suid Afrika gekom om n Indiese advokaat in n hofgeding in Pretoria by te staan 5 Verblyf in Suid Afrika Wysig Gandhi in Suid Afrika 1895Op daardie stadium is n aantal wette wat die vryheid van beweging en die politiese en ekonomiese regte van Indiers beperk het in Natal uitgevaardig Op versoek van die Indiergemeenskap het Gandhi ingestem om langer te bly sodat hy die Indierstryd kon lei en rigting gee Hy het die Natalse Indierkongres in 1894 gestig n florerende regspraktyk in Johannesburg opgebou en die grootste gedeelte van hierdie inkomste gebruik om die Indiersaak te bevorder Tussen 1906 en 1914 het Gandhi en sy volgelinge op twee geleenthede passiewe teenstand gebruik in protes teen die diskriminerende Transvaalse immigrasiewette van 1907 en 1913 Met die Immigrasiewet van 1913 het die beweging van passiewe teenstand sy toppunt bereik Gandhi wat op verskeie geleenthede gearresteer is was weer in hegtenis geneem en tot nege maande gevangenskap gevonnis Dit het groot oproering veroorsaak en gelei tot die Smuts Gandhi ooreenkoms van 30 Junie 1914 waarna Gandhi sy werk as afgehandel beskou het en na Indie teruggekeer het Terugkeer na Indie Wysig Gandhi lei die soutmars in 1930In Indie het Gandhi ook satyagraha geimplementeer Die slagting by Amritsar in 1919 het hom diep geskok en hom oortuig dat die Britse bewind in Indie tot n einde moet kom Hy het egter die veldtog gekanselleer omdat sy volgelinge nog nie gereed was vir satyagraha nie en weens gereelde geweld tussen protesterende Indiers en die Britse soldate In 1930 het hy die veldtog vir burgerlike diensweiering voortgesit Hy is na die groot optog na die see in protes op die regering se soutmonopolie in hegtenis geneem maar na twee jaar vrygelaat nadat hy n vas tot die dood begin het namens die onaanraakbares Hy is weer in 1942 in hegtenis geneem nadat kongres n besluit aangeneem het dat Brittanje Indie moes verlaat Hierdie keer het sy gevangenskap selfs meer gewelddadige reaksie uitgelok en Brittanje het sy voorneme om Indie te verlaat in 1947 aangekondig Gandhi is op 30 Januarie 1948 in Nieu Delhi deur n ekstremistiese Hindoe aktivis vermoor 6 Sy vrou Kasturbai met wie hy op die ouderdom van dertien getroud is en wat vir hom vier seuns gebaar het is vier jaar vroeer in gevangenskap oorlede 7 Verwysings Wysig Tagore Rabindranath 15 Desember 1998 Dutta Krishna red Rabindranath Tagore an anthology Robinson Andrew Macmillan p 2 ISBN 978 0 312 20079 4 Basu Majumdar A K 1993 Rabindranath Tagore The Poet of India Indus Publishing ISBN 8185182922 p 83 Ghose Sankar 1991 Mahatma Gandhi Allied Publishers p 158 ISBN 9788170232056 in 1921 when Gandhi was asked whether he was really a Mahatma Gandhi replied that he did not feel like one and that in any event he could not define a Mahatma for he had never met any 100 Most Influential People of All Times p 354 Giliomee Hermann Mbenga Bernard 2007 3 In Roxanne Reid red New History of South Africa 1st uitg Tafelberg p 193 ISBN 978 0 624 04359 1 Cush Denise Robinson Catherine York Michael 2008 Encyclopedia of Hinduism Taylor amp Francis p 544 ISBN 978 0 7007 1267 0 Besoek op 31 Augustus 2013 Gandhi Arun and Sunanda 1998 The Forgotten Woman Huntsville AR Zark Mountain Publishers p 314 ISBN 1 886940 02 9 Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mahatma Gandhi en Mahatma Gandhi Encyclopaedia Britannica Besoek op 6 Augustus 2018 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Mahatma Gandhi amp oldid 2482311