www.wikidata.af-za.nina.az
Leipzig Duits ˈlaɪ pt sɪc luister hulp inligting is die grootste stad in die Duitse deelstaat Sakse aan die Pleisserivier 145 kilometer suidwes van Berlyn met meer as n halfmiljoen inwoners Saam met die stad Halle vorm dit n metropolitaanse gebied en maak ook deel uit van die sogenaamde Sachsendreieck Driehoek van Sakse met drie groot stedelike agglomerasies naas Leipzig Halle word Chemnitz Zwickau en Dresden hierby gereken Danksy sterker bevolkingsgroei in die vroee 21ste eeu het Leipzig by Bremen verbygesteek om die tiende grootste stad in Duitsland te word LeipzigKaart WapenVlag Land Duitsland Deelstaat Sakse Koordinate 51 20 N 12 22 O 51 333 N 12 367 O 51 333 12 367 Stigting Omstreeks 900 Oppervlakte Totaal 297 8 vk km Hoogte bo seevlak 113 m Bevolking Totaal 31 Desember 2020 597 493 1 Bevolkingsdigtheid 2 006 vk km Tydsone UTC 1 MET Somertyd UTC 2 MEST Burgemeester Burkhard Jung SPD Amptelike webwerf www leipzig deDie naam van die stad is afgelei van die Slawiese Lipsk of Plek van lindebome Lipsk is ook die Sorbiese naam van Leipzig Sedert die 19de eeu dra die stad die poetiese bynaam Klein Parys of Pleiss Athene Inhoud 1 Geskiedenis 2 Ekonomie 3 Argitektuur 3 1 Die Volkereslagmonument 4 Verwysings 5 Eksterne skakelsGeskiedenis Wysig Markplein met Konigshaus links en Messehaus regs Moderne sakrale boukuns Rooms Katolieke Proosdykerk St TrinitatisDie oudste bekende Slawiese nedersetting in die gebied van Leipzig dateer uit die tydperk omtrent 900 Duitse setlaars het die stad in die jaar 1015 digby n Slawiese dorpie Lipsk gestig Thietmar van Merseburg berig in sy Chronikon VII 25 van die urbs Libzi Die nedersetting het vinnig gegroei en in die jaar 1165 stadstatus en die voorreg om as n markstad op te tree gekry Danksy die strategiese ligging by die kruispunt van twee ou handelroetes die Via Regia en die Via Imperrii het Leipzig in die middeleeue tot n welvarende stad ontwikkel Die universiteit van Leipzig Latyn Alma mater Lipsiensis is in 1409 as die tweede oudste in Duitsland gestig Die kasteel Pleissenburg was in 1519 die toneel van die historiese Dispuut van Leipzig tussen Martin Luther en Johannes Eck een van die bekendste teenstanders van die reformasie In 1539 het Leipzig die Lutherse geloof aangeneem Danksy die straatbeligting wat reeds in die jaar 1701 ingevoer is het Leipzig die bynaam Klein Parys gekry In Oktober 1813 het die Volkereslag naby Leipzig plaasgevind een van die grootstes tydens die sogenaamde Vryheidsoorloe Die geallieerde leers van Oostenryk Pruise Rusland en ander lande het hier n oorwinning oor Frankryk se Napoleontiese troepe behaal Die spoorwegverbinding tussen Leipzig en Dresden wat in 1839 geopen is was die eerste oor n lang afstand en het Leipzig se posisie as een van die belangrikste Duitse vervoersentrums bevestig Tussen 1902 en 1915 het hier die tweede grootste Europese spoorwegstasie na Milaan ontstaan Ingevolge die industrialisering het die bevolking teen die einde van die 19de eeu baie vinnig gegroei In 1870 het die inwonertal tot meer as 100 000 gestyg Vanaf 1913 was Leipzig met 600 000 inwoners die vierde grootste stad in Duitsland en na 1949 die tweede grootste stad van die Duitse Demokratiese Republiek DDR Tussen 1945 en 2005 het die inwonertal egter van 750 000 tot 500 000 gedaal Die massabetogings van die jaar 1989 het tot die einde van die SED bewind in die DDR gelei Die handelskouterrein wat op 12 April 1996 ingewy is behoort tot die modernstes in Europa Leipzig was een van die gasheerstede tydens beide die FIFA Sokker Konfederasiebeker in 2005 en FIFA Sokker Wereldbekertoernooi in 2006 Ekonomie Wysig Panoramiese uitsig oor Leipzig se katoenfabriek in 1909Voor die Tweede Wereldoorlog was Leipzig nie net n belangrike handelsplek waar internasionale handelskoue soos die Leipziger Messe gehou is nie maar ook een van Duitsland se vernaamste nywerheidspilpunte In die laat 19de eeu is n katoenfabriek in die westelike stadsdeel Lindenau gevestig Leipzig se katoenbedryf het sy ontstaan en sukses nie so seer aan tegniese vernuwing te danke gehad nie maar aan die ontleding van kostevoordele Tekstiele en garings is destyds oorwegend uit Engeland ingevoer Die hoe belasting wat in die Duitse Keiserryk op sodanige invoere gehef is het die stigting van n eie katoenfabriek vir plaaslike entrepreneurs ondanks die Engelse katoenbedryf se tegnologiese voorsprong ekonomies en finansieel vatbaar gemaak Die prysvoordeel wat Leipzig se katoenfabriek in die volgende dekades op die Duitse mark kon handhaaf het verseker dat die onderneming meer as n eeu kon bestaan Die perseel van tien hektaar wat deur die aandelemaatskappy Leipziger Baumwollspinnerei AG in 1884 gekoop is en waarop aanvanklik nog n beskeie fabriek ontstaan het het tot 1907 tot die grootste Europese katoenaanleg buite die Verenigde Koninkryk gegroei Sy jaarlikse produksie het van 30 000 katoenspindels in die beginjaar tot 240 000 in 1909 gestyg Die katoenfabriek het die konsep van n hele fabriekstad verwesenlik waar werkers en hul gesinne in n soort tuinstad gevestig is Kinders van werkende moeders is in creches versorg Tot 1989 het n maksimum van 4 000 werkers katoenspindels in drie skofte vervaardig Met die Duitse Demokratiese Republiek se maatskaplike politieke en ekonomiese ineenstorting laat in 1989 en die Duitse hereniging in 1990 is die fabriek aan internasionale markkragte blootgestel en sy produkte het geblyk om nie meer mededingend te wees nie In 1992 het die fabriek sy deure vir goed gesluit Vir die fabrieksterrein is n konsep van kulturele en kommersiele herlewing ontwikkel Intussen word hier ateljees en galerye van kunstenaars gevestig 2 Argitektuur WysigDie Volkereslagmonument Wysig Die Volkereslagmonument is een van Leipzig se bekendste bakens en die grootste monument in EuropaTussen 16 en 19 Oktober 1813 het die sogenaamde Volkereslag voor die poorte van Leipzig plaasgevind die grootste ooit tot by die Eerste Wereldoorlog In die slag wat deel gevorm het van die Vryheidsoorloe het Napoleon Bonaparte n beslissende nederlaag teen Oostenrykse Pruisiese Russiese en Sweedse troepe gely Duitsers het aan albei kante geveg en Sakse wat destyds nog n bondgenoot van Napoleon was en as gevolg van sy nederlaag n aantal gebiede moes afstaan het min belang daarin gestel om n monument ter herinnering aan die slag op te rig Die bouprojek is dan ook eers na die vereniging van die Duitse deelstate in die Duitse Keiserryk aangepak Die hoeksteen vir die monument is op 18 Oktober 1898 gele In 1913 is die monument in die suidooste van Leipzig wat volgens n ontwerp van die Berlynse argitek Bruno Schmitz opgerig is ingewy Die argitek Clemens Thieme voorsitter van die Deutscher Patriotenbund Duitse Patriottebond en plaaslike Vrymesselaar was die bestuurder van die projek wat deur middel van n spesiale lotery en bydraes van die publiek gefinansieer is Die boukoste het ses miljoen goudmark beloop Die monument het glo as inspirasie vir die Voortrekkermonument in Pretoria gedien 3 Verwysings Wysig de Bevolkerung des Freistaates Sachsen nach Gemeinden am 31 Dezember 2020 de Glanz und Elend der Stadte In WirtschaftsWoche nommer 49 1 Desember 2014 bl 26 27 en Desiree Picton Seymour Janek Szymanowski Historical Buildings in South Africa Struikhof Kaapstad 1989 bl 162 Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Leipzig en Toerisme inligting oor Leipzig op Wikivoyage de Amptelike webwerf Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Leipzig amp oldid 2555456