www.wikidata.af-za.nina.az
Coenraad Frederik Rudolph 24 Junie 1919 9 September 1981 was hoof van die Departement Afrikaans van die Pretoria Onderwyskollege redakteur van die letterkundige tydskrifte Tydskrif vir Letterkunde en Klasgids en Afrikaanse digter en skrywer Hy was getroud met die musikant liedjieskrywer en dramaturg Anna Rudolph Coenraad Frederik Rudolph Inhoud 1 Lewe en werk 2 Skryfwerk 2 1 Prosa 2 2 Drama 2 3 Poesie 3 Publikasies 4 Bronnelys 4 1 Boeke 4 2 Tydskrifte en koerante 4 3 Internet 4 4 Ongepubliseerde dokumente 5 VerwysingsLewe en werk WysigCoenraad Frederik Rudolph was op 24 Junie 1919 op Standerton in die Oos Transvaal tans Mpumalanga gebore Sy ouers is Jacobus Andries Rudolph 1883 1959 en Johanna Elizabeth Greyling 1891 1959 Hy had twee broers Michiel Daniel wat baie jonk oorlede is en Barend Christiaan Sy ouers was boere wat oos van die dorp op Kaalspruit boer Te perd gaan hy elke dag na die tweemanskooltjie op Kaalspruit waar hy standerd ses slaag Daarna gaan hy na die Standerton Hoerskool waar hy matrikuleer Na skool studeer hy verder aan die Pretoria Onderwyskollege waar hy in die veertigerjare n Hoer Onderwysdiploma verwerf en aan die Universiteit van Pretoria verwerf hy dan die B A graad Heelwat later behaal hy in 1956 die M A graad met lof Hierna skryf hy in vir n doktorsgraad oor Die gedig as kommunikasie Sodra hy kwalifiseer begin hy onderwys gee in Engels maar versoek dan n pos as onderwyser in Afrikaans wat hy in 1946 by die Junior Hoerskool Nigel kry Hierna is hy na Groblersdal en word dan in 1952 dosent en later hoof van die departement Afrikaans aan die Pretoria Onderwyskollege Hy dien op verskeie onderwyskomitees onder andere die Leergangkomitee wat die nuwe Afrikaanse leergang vir Gedifferensieerde Onderwys opstel en stel ook n geheel nuwe kursus op in Kommunikasietegnieke Hy word beskou as die grondlegger van die sogenaamde kontekstuele metode van literatuur onderwys en is in onderwyskringe n erkende gesaghebbende oor die onderrig van Afrikaans Saam met ander skrywers stel hy dan ook verskeie handboeke op vir die onderrig van Afrikaans veral op laerskole In 1962 is hy in polemiek betrokke wanneer hy in n artikel in n onderwysblad die opvoeding binne skole in die Transvaal kritiseer omdat dit na praters bevorder eerder as mense wat bereid is om eerlik hul menings te lug Hierdeur word hy as rebel bestempel en loop hewige kritiek in die media op die lyf Vanaf 1966 tot 1972 is hy redakteur van Tydskrif vir Letterkunde en vanaf 1965 stigter en mederedakteur van die blad gerig op die studie van die Afrikaanse Taal en Letterkunde Klasgids Gedurende 1963 word hy verkies tot Fakulteitslid van die Suid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns In hierdie hoedanigheid dien hy op verskeie komitees waaronder die Komitee wat die Scheepersprys vir Jeugliteratuur moet toeken en die stigtingskomitee van die Vereniging vir die Bevordering van die Onderrig van Afrikaans Uit sy huwelik met Anna Lemmer Badenhorst Swart van Lydenburg word drie dogters Ina Lize en Annatjie en n seun Kobus gebore wat almal musikaal is Anna Rudolph word veral bekend as komponis van kinderliedjies maar skryf self ook dramas en verhale Die gesin tree gereeld saam op en maak ook verskeie langspeelplate Hulle woon in Groenkloof in Pretoria Hy is op 9 September 1981 oorlede Skryfwerk WysigProsa Wysig As student aan die Pretoria Onderwyskollege begin hy ernstig skryf Op prosagebied lewer hy die romans De vliegende Hollander en die eksperimentele Swem versteende vis Laasgenoemde beeld die godsdienstige aftakeling van die stadsmens uit Die hoofkarakter is n fynbesnaarde onderwyser wat in die stad die lewe en die onderwys as steriel ervaar Sy kollegas is afsydig en hy verloor langsamerhand sy idealisme en geesdrif Selfondersoek lei tot n besef van die selfsug binne homself en sy medemens en die onverskilligheid jeens God Sy aanhanklikheid en geloof in God is soos n dooie fossiel of versteende vis in hom Al wat oorbly is die troos dat die natuur sy winter of dood moet deurgaan voordat dit kan herlewe As hierdie patroon deurgetrek kan word na sy lewe is daar wel die moontlikheid vir n nuwe begin Die eerste vyf kortverhale in die bundel Boggel en Kuil Kooltjie vuur Die boggel Kolbooi Voelhartjie en Die Bloukuil verwerk landelike jeugherinneringe op so n wyse dat algemeen menslike dryfvere uitgebeeld word In sterk kontras hiermee is die grootstad se staal beton en liefdeloosheid van die slotverhaal Nuwe gebergte Die verhale in die bundel is almal aanvanklik vir die radio geskryf en deur die Suid Afrikaanse Uitsaaikorporasie uitgesaai Van sy kortverhale word in letterkundige tydskrifte gepubliseer onder andere Tot siens Ouma in Februarie 1974 in Tydskrif vir Letterkunde en hierdie verhaal word deur Hennie Aucamp in Blommetjie gedenk aan my opgeneem In 1964 lewer hy n taalkundige bydrae vir die Universiteit van Suid Afrika se bundel Inleiding tot die Taalkunde en word so een van die weinige mense wat op akademiese vlak op die terrein van die letterkunde en die taalkunde bedrywig is Verdere akademiese publikasies van hom is Verhaal en student saam met Koos Meij en Gerhard Kemp en Die patroon van Afrikaans n taalreeks vir die laerskool Sy bydrae oor Stilleestegnieke hierin is die eerste publikasie oor hierdie onderwerp in Afrikaans Ook tot Taal en Teks en Afrikaans as Eerste Taal lewer hy bydraes terwyl van sy artikels in vele vakkundige tydskrifte veral Klasgids verskyn Vir die radio skryf hy boekresensies en praatjies vir Vrouerubriek en die reeks Uit ons aarde Drama Wysig Sy eenbedrywe Die erfenis en Speelgoedkas en kinderoperette Die silwer sambreeltjie word deur Dalro gedruk Hy skryf ook die kinderoperettes My Suiderland en Jolige Jonkheid en die dramatiese spel Die grenspos Saam met sy vrou skryf hy die libretto van die kinderoperette Lodilla met Pierre Malan wat die musiek vir al hierdie operettes komponeer Die eenbedryf Sy laaste erfenis word nie gepubliseer nie Sy drama Die drie broers word in 2008 deur sy dogter Ina Rudolph in Pretoria opgevoer onder die titel Nimmer of nou Hierdie musiekdrama het die Anglo Boereoorlog as agtergrond en het die werklike ervaringe van n Afrikanergesin in hierdie tyd as tema Vir die radio skryf hy die hoorspele Rachel van die Hoeveld Broers Die duif van die terebinte en Twee ou vyande Vir die ingebruikneming van die Afrikaanse gesangboek in 1944 skryf hy n kantate en vir die Pretoria Onderwyskollege se halfeeufees skryf hy n feesoperette Draaiboeke uit sy pen is die televisieprogram n Eeu van Onderwys en n film oor Eitemal Poesie Wysig Hy publiseer gedigte in verskeie tydskrifte waaronder Standpunte In sy digkuns munt hy uit met sy tegniese vaardigheid en slim idees Hy skryf hoofsaaklik stemmingspoesie Nadat van sy gedigte reeds in 1946 in 1 Stiebeuel 2 opgeneem is debuteer hy met die bundel Tieroog 3 Die titel verwys na die gloeiende halfedelsteen die tieroog wat veral in Namibie voorkom in vergelyking waarmee die woord van die gedig vaal is 4 Die hooftema van die bundel is oorlewing en oorwintering as t ware n hiberneer na n nuwe lewe toe met die dood self altyd teenwoordig Die bundel word in drie afdelings verdeel By is die eerste afdeling waar skeppingskrag en die by en heuningmotief die dominante simbole is Die gedig Nadraai beskryf die naderende einde van die somer wat ook n doodsbesef impliseer Die tweede afdeling is Vismot simbool van dood en vernietiging Soms word hier mooi effekte bereik met verrassende beelde soos Stillewe waar die onderwerp in die skildery met tyd verouder en Skulp wat die skulp se eindelose verhouding met die see as tema het Die derde afdeling is Kaleidoskoop waar die skepping en vernietiging meer genuanseerd met mekaar vervleg word Hengelaars is n treffende beelding van die verhouding tussen vader en seun waar die vader die seun wil leer maar die seun eerder in die krap belangstel Vangriem 5 sluit by die hooftema van Tieroog aan met die klem hoofsaaklik op die strewe na intimiteit met n ander mens 3 Die gedigte reik dan uit na die medemens maar die woorde is ontoereikend en skep selfs n skeiding tussen mense Hoewel vele van die gedigte slim speel met die digkuns en woorde raak hierdie tegnieke op die duur te eenselwig Kewer is interessant in sy toweragtige aard met n groot wereld wat uit die geringe kewer en hand ontstaan Vangriem word in manuskripvorm in 1964 bekroon deur die Departement van Onderwys Kuns en Wetenskap Van sy verse word opgeneem in verskeie versamelbundels onder andere Groot verseboek Die Afrikaanse poesie in n duisend en enkele gedigte Faune en Goudaar Die kollegelied van die Pretoria Onderwyskollege word ook deur hom geskryf Publikasies WysigJaar Publikasies1950 Die Vliegende Hollander1964 TieroogVangriem1965 Lodilla saam met Anna Rudolph musiek deur Pierre Malan Verhaal en student saam met Koos Meij en Gerhard Kemp 1966 Boggel en KuilSwem versteende vis 1969 Jolige jonkheidDie speelgoedkasDie erfenis1970 Die grensposDie silwer sambreeltjieRedakteur1970 1973 Die patroon van Afrikaans standerds een tot vyf 1982 Taal en teks saam met P J Greyling en A J J Botes Bronnelys WysigBoeke Wysig Antonissen Rob Die Afrikaanse letterkunde van aanvang tot hede Nasou Beperk Derde hersiene uitgawe Tweede druk 1964 Antonissen Rob Spitsberaad Nasou Beperk Elsiesrivier Eerste uitgawe Eerste druk 1966 Cloete T T red Die Afrikaanse literatuur sedert sestig Nasou Beperk Eerste uitgawe 1980 Cloete T T Faune Tafelberg Uitgewers Bpk Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Derde druk 1971 Grove A P Letterkundige sakwoordeboek vir Afrikaans Nasou Beperk Vyfde uitgawe Eerste druk 1988 Kannemeyer J C Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1 Academica Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984 Kannemeyer J C Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2 Academica Pretoria Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983 Kannemeyer J C Die Afrikaanse literatuur 1652 2004 Human amp Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005 Nienaber P J et al Perspektief en Profiel Afrikaanse Pers Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969 Van Coller H P red Perspektief en Profiel Deel I J L van Schaik Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998Tydskrifte en koerante Wysig Anoniem Skryf gewaagde dinge oor C N O Dagbreek 2 Maart 1969 Anoniem In memoriam Coenie Rudolph 1919 1981 Klasgids Junie 1982 Anoniem Drama met oorlog as agtergrond Plus 20 November 2008 Du Toit Isabelle Soms dreun hul huis van die musiek Die Hoofstad 24 Februarie 1969 Lotter Joan Coenie Rudolph n waardering Tydskrif vir Letterkunde Nuwe reeks 20 no 4 November 1982 Pretoriase kantoor Skoolrebel Rudolph skiet nog Die Beeld 2 Februarie 1962Internet Wysig Esaach http www esaach org za index php title Rudolph Coenraad Frederik Esat http esat sun ac za index php Coenie Rudolph Rudolph Gen http rudolph gen com getperson php personID I2468 amp tree rudolph Worldcat http www worldcat org search q au 3ARudolph 2C Coenraad Frederik amp qt hot authorOngepubliseerde dokumente Wysig Rudolph C F Biografiese besonderhede Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum NALN BloemfonteinVerwysings Wysig Louw W E G Van die stiebeuel in die saal Standpunte Jaargang 2 no 1 1946 Van Heerden Ernst Rekenskap Tafelberg Uitgewers Bpk Kaapstad Eerste uitgawe Tweede druk 1971 3 0 3 1 Antonissen Rob Spitsberaad Nasou Beperk Elsiesrivier Eerste uitgawe Eerste druk 1966 Van Heerden Ernst Die ander werklikheid Nasionale Boekhandel Kaapstad Eerste uitgawe 1969 Antonissen Rob Standpunte Nuwe reeks 61 Oktober 1965 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title C F Rudolph amp oldid 2017638