www.wikidata.af-za.nina.az
Tyd kan naas hoogte breedte en lengte as die vierde dimensie gesien word n Horlosie n Sonwyser Van n gebeurtenis kan gese word dat dit na n ander gebeurtenis plaasvind n Gebeurtenis vind plek op een tydstip of moment en tyd word gesien as n opeenvolging van tydstippe So kan bepaal word hoe lank een gebeurtenis na n ander plaasvind Dit betref die tydsduur tussen die twee tydstippe Tyd is die begrip waarmee hierdie volgorde en duur beskryf kan word Tyd volg uit die aksioom van oorsaaklikheid ook na verwys as kousaliteit Dit wil se dat ons tyd alleen kan definieer as ons die bestaan van oorsaaklikheid erken of andersom dat oorsaaklikheid allen in terme van tyd gedefinieer kan word In die filosofie en taalwetenskap spesifiek die semantiek word tydslogika ondersoek Dit behels formele logiese sisteme om die begrip tyd te formaliseer In die tydmeetkunde hoef tyd nie werklik gedefinieer te word nie aangesien dit aan periodieke byvoorbeeld astronomiese bewegings en verskynsels gekoppel kan word Hoewel tydsverloop ʼn daaglikse ervaring is bly dit vir die mens n mistieke begrip en word dit moeilik gedefinieer Vir Parmenides van Elea 540 480 v C het tyd byvoorbeeld geen dele geen begin en geen einde gehad nie Die wese of syn was vir hom ondeelbaar en tydloos Plato 427 347 v C het n tweeledige begrip geformuleer n tydlose volmaakte wereld speel hom af in ʼn tydelike onvolmaakte wereld van sintuiglik waarneembare verskynsels Hy het dit vergelyk met die son wat in water weerspieel word As die water geroer word verdwyn die son se beeld en nie die son self nie Aristoteles 384 322 v C het die grondslag gele vir die fisiese tydsbegrip waarby verandering of beweging n rol speel Volgens hom kon n onderskeid gemaak word tussen die verlede die hede en die toekoms Tyd en beweging moet ook met behulp van mekaar gedefinieer word want die tyd word gemeet aan die reelmatige beweging van die hemelliggame Vir Augustinus 354 430 was die basis vir tyd die menslike gees en nie die natuur nie Die verlede die hede en die toekoms het volgens hom ook nie in die natuur voorgekom nie en tyd het betrekking op menslike eienskappe herinnering memoria waarneming contuitus verwagting expectatio Martin Heidegger 1889 1976 het van die stand punt uitgegaan dat bewustheid en tyd n eenheid vorm want wanneer n waarneming gedoen word is daar tog sprake van verlede retensie sowel as van toekoms protensie Inhoud 1 Eenhede van tyd 2 Tydmeting 3 Psigologie 4 Sontyd en stertyd 5 Standaardtyd 6 Relatiwiteit 7 Tyd as vierde dimensie 8 Simboliek 9 Bronne 10 Eksterne skakelsEenhede van tyd WysigTyd is meetbaar en word gemeet in eenhede deur middel van n horlosie Die internasionaal vasgelegde SI eenheid is die sekonde Tydmeting WysigVan vroeg af het mense gebruik gemaak van die aardrotasie vir tydmeting Om vas te stel wanneer die aarde n rotasie voltooi het moet n orienteringspunt buite die aarde gekies word Sodra hierdie punt n gekose meridiaanvlak vir die tweede maal verbygesteek het is een dag voltooi Watter dag dit is hang van die gekose orientasiepunt af Mense kies gereeld die son byvoorbeeld met sonwysers sodat dit een sonnedag betref Deurdat die aarde ook rondom die son draai duur dit n bietjie langer voordat die son die meridiaanvlak opnuut verbysteek Deur die verder weg gelee sterre as orienteringspunt te gebruik kan mens meer akkuraat die tydsduur vir die aarde om n volledige omwenteling af te le meet Dit is die sterredag oftewel die 23 uur 56 minute en 4 09 sekondes wat dit duur teenoor die sonnedag se 24 uur Die tyd wat op die ware sonnedag gebaseer is noem mens die ware sonnetyd of ware tyd Dit is die tyd wat deur n sonwyser aangewys word Met die koms van eenparig lopende horlosies kom mens egter agter dat die sonnedag varieer gedurende die jaar Deurdat die wentelsnelheid van die aarde rondom die son gedurende n volle jaar nie dieselfde waarde het nie varieer die sonnetyd Dit kom as gevolg van die feit dat die wentelbaan ellipties is sodat die tweede wet van Kepler betrekking het Hierop word konsep van die middelbare son ingebring met die middelbare sonnetyd of middelbare tyd Die verskil tussen die ware tyd en die middelbare tyd is die tydsvereffening Horlosies word daarom gelykgestel op die lokale middelbare tyd Met die invoer van die spoorwee word dit onprakties deurdat plekke op verskillende lengtegrade verskillende tye het Hierop word die standaardtyd ingevoer die middelbare sonnetyd van n sentrale meridiaan Tot 1940 geld in Nederland die middelbare tyd van Amsterdam wat ongeveer 19 minute voorloop op die middelbare tyd van die meridiaan van Greenwich GMT Om so dig moontlik by die lokale middelbare tyd te bly word die tydsones ingevoer In 1928 word die wereldtyd Universal Time UT ingevoer gebaseer op GMT die poolbeweging blyk daarvoor te sorg dat hierdie tyd nie orals ter wereld gelyk was nie Hierop word n gekorrigeerde tyd ingevoer UT1 die ander een afgelei uit astronomiese observasies word omgedoop tot UT0 Met die koms van die noukeurige kwarts horlosies blyk daar n wereldwye seisoensvariasie te wees onder andere veroorsaak deur lug en waterverplasings Die hiervoor gekorrigeerde tyd was UT2 Hierdie word tans wel nie meer gebruik nie Die aardrotasie blyk te onreelmatig sodat mens hom later gaan rig het op die tropiese jaar waaruit die efemeridetyd vasgestel is Hoewel hierdie tyd uniform is is dit ook moeilik om vas te stel Deur die bekendstelling van die atoomhorlosie in 1955 kon mens die internasionale atoomtyd TAI invoer Die sekonde word nie meer gedefinieer as n vaste gedeelte van die dag nie maar op die oorgang tussen twee hyperfynenergievlakke van die grondtoestand van n 133cesiumatoom in rus by n temperatuur van 0 K TAI loop nie gelyk met UT nie en daarom word UTC ingevoer UTC korrigeert mens reelmatig om hierdie binne een sekonde verskil met UT1 te behou UTC en TAI loop dus steeds verder uit mekaar Psigologie WysigDit blyk dat die mens ʼn soort interne horlosie fisiologiese ritme het Aangesien daar egter tale fisiologiese ritmes bestaan metabolisme hartklop asemhaling ensovoorts is dit moeilik om n bepaalde ritme vir die rol aan te wys Daar is ook n tydsperspektief waarvolgens herinneringe vasgele en toekomsverwagtinge geskep word Die belewing van tydsduur word egter deur sekere omstandighede beinvloed Hoewel 5 minute op n horlosie dieselfde bly voel die 5 minute wat n persoon vir n trein wag baie langer as die 5 minute by n feestelikheid Die skynbare tydsduur word gekoppel aan die hoeveelheid informasie wat verwerk moet word en die tyd word beskou as n neweproduk van psigologiese prosesse en nie as n eienskap van die omgewing of van die menslike organismes nie Sontyd en stertyd WysigSontyd word beskou as die tydsverloop tussen 2 opeenvolgende deurgange van die son terwyl stertyd beskou word as die periode tussen 2 opeenvolgende deurgange van n ster Stertyd is gerieflik vir sterrekundige gebruik want daaruit kan die posisie van ʼn ster regstreeks bepaal word Son en stertyd word ook van 0 tot 24 uur ingedeel en word uitgedruk as die uurhoek van n betrokke punt aan die hemel Die uurhoek is die hoek gemeet langs die hemelekwator tussen die meridiaan waarby die waarnemer is en die uursirkel van die ster dit wil se die sirkel deur die pole en die punt aan die hemel Standaardtyd WysigIn 1884 is daar op ʼn konferensie in Washington VSA besluit om die aarde in 24 sones elk 15 in te deel beginnende by die Greenwich meridiaan Die tyd in elke tydsone verskil dan met 1 uur van die tyd in n aanliggende sone Daardeur kan die tyd in n land ten opsigte van die tyd in n ander land bereken word Die indeling van ure minute en sekondes bly behoue met die sekonde as die basiese SI eenheid Hoewel die standaardsekonde vroeer in terme van die beweging van die hemelliggame uitgedruk is blyk dit dat daar afwykings in die bewegings is en word die atoomsekonde as standaard aanvaar Die atoomsekonde word uitgedruk in terme van die trillingsfrekwensie van n sesiumatoom naamlik 9192 631 770 hertz Hz Die periode van die trilling is die omgekeerde van die frekwensie t 1 f en is dus 1 9192 631 770 Hierdie periode of duur is baie stabiel en dien as grondslag vir die berekening van ʼn sekonde Relatiwiteit WysigDie ontwikkeling van die Spesiale Relatiwiteitsteorie deur Albert Einstein in die begin van die 20ste eeu het die absolute begrip van tyd soos ons dit in die daaglikse lewe ervaar omvergewerp Uit twee postulate lei Einstein af dat tyd geen absolute begrip is nie Van twee gebeurtenisse a en b is dan nie altyd te se of a voor gelyktydig met of na b plaasgevind het nie Die een waarnemer kan eers a waarneem en dan b terwyl n andere eers b en dan a sal waarneem Essensieel hierby is of daar een kousale or oorsaaklike verband moontlik is tussen die gebeurtenisse a en b in ag genome dat n signaal nooit vinniger as lig kan beweeg nie Veronderstel dat b volgens n waarnemer kort na a gebeur maar dat die afstand tussen a en b baie groot is In hierdie geval kan b geen gevolg van a wees nie omdat n signaal vanuit a nooit op tyd by b aankom nie Die twee gebeurtenisse a en b is dus nie kousaal verbonde nie daar word wel gese dat hulle n ruimte agtige verband het In hierdie situasie sal alle ander waarnemers ook n ruimte agtige verband waarneem onder hulle is dan sommige wat waarneem dat a en b gelyktydig plaasvind of dat a na b gebeur Stel nou voor dat a en b gebeurtenisse is wat volgens een waarnemer gebeur op plekke wat nie ver van mekaar gelee is nie maar dat b wel veel later asa gebeur en dat n signaal stadiger as die lig van a na b kan reis In hierdie geval kan daar n kousale verband tussen die gebeurtenisse wees en kan b n gevolg van a wees Daar word ook wel gese dat hulle n tyd agtige verband het Alle ander waarnemers sal ook n tyd agtige verband waarnemen en altyd sal a voor b gebeur Tyd as vierde dimensie WysigDaar is ooreenkomste tussen die begrippe ruimte en tyd n Gebeurtenis het behalwe n plek ook n tydstip en netso kan n objek bepaalde afmetings in die ruimte he maar ook in die tyd indien het gedurende een bepaalde duur bestaat Omdat die ruimte uit drie dimensies bestaan word tyd wel soms die vierde dimensie genoem n Gebeurtenis het dus n posisie in die sogenaamde ruimte tyd oftewel Minkowski ruimte In die natuurwetenskap is hierdie manier van saam beskou van ruimte en tyd soms prakties Aan die ander kant is daar n onderskeiding tussen ruimte en tyd In ruimte kan mens vryelik beweeg maar nie in die geval van tyd nie Vanuit n teoretiese oogpunt is dit alles die gevolg van die wette van oorsaaklikheid en die verskille tussen ruimte agtige en tyd agtige verbande soos dit volg uit die relatiwiteitsteorie Elke natuurwet of teorie sal dus ook moet onderskei tussen tyd en ruimte volgens hierdie beginsels Simboliek WysigTyd word gereeld gepersonifiseer as n ou man met n baard en n sens Engels scythe in sy hand Dit is n verwysing na die ou Griekse god Chronos Bronne WysigWereldspektrum 1982 ISBN 0908409680 volume 27 bl 206 207Eksterne skakels Wysig Wikiwoordeboek het n inskrywing vir tyd Voorbeeld van n atoomhorlosie Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Tyd amp oldid 2513694