www.wikidata.af-za.nina.az
Martin Heidegger Messkirch 26 September 1889 Freiburg im Breisgau 26 Mei 1976 was n Duitse filosoof Hy word algemeen beskou as een van die invloedrykste filosowe van die twintigste eeu Sy bekendste werk is Sein und Zeit Syn en Tyd gepubliseer in 1927 Martin HeideggerMartin Heidegger in 1960Gebore 1889 09 26 26 September 1889Messkirch Baden Duitse KeiserrykOorlede 26 Mei 1976 op 86 Freiburg im Breisgau Baden Wurttemberg Wes DuitslandNasionaliteit DuitslandVakgebied Ontologie Metafisika Kuns Griekse filosofie tegnologie taal poesie denkeAlma mater Universiteit van Freiburg PhD 1914 Dr habil 1916 Beinvloed deur Anaximander Aristoteles Augustinus van Hippo Brentano Dilthey Meester Eckhart Hartmann Hegel Herakleitos Holderlin Husserl Jaspers Kant Kierkegaard Laozi Lask Nietzsche Parmenides Plato Rickert Duns Scotus Thomas van Erfurt Count YorckInvloed op Agamben Arendt Beaufret Badiou Blanchot Borgmann Bultmann Derrida Dreyfus Dugin El Bizri Foucault Hans Georg Gadamer Hans Jonas Kopic Kuki Levinas Lowith Marcuse Merleau Ponty Nancy Norberg Schulz Patocka Pirjevec Rorty Sartre Schurmann Sloterdijk Stiegler StraussHandtekeningHeidegger is beide oor die inhoud van sy werk sowel as sy persoonlike lewe n omstrede figuur Sy uiters persoonlike soms moeilik verstaanbare taalgebruik is in die oe van heideggeriane fassinerend hipnoties en poeties Die invloed van sy taalgebruik word gevind in onder meer die werke van Jean Paul Sartre en Jacques Derrida Sy taalgebruik word egter gekritiseer deur Theodor W Adorno Jargon der Eigentlichkeit en Gunter Grass Hundejahre wat sy taalgebruik as bombasties en retories beskou Heidegger was n ondersteuner van die Nasionaal sosialisme in Duitsland Dit het n hewige debat ontketen tussen sy ondersteuners en kritici Sommige mense beskou dit as n persoonlike swakheid en basies irrelevant terwyl ander van mening is dat dit inherente tekortkominge in sy denke ontbloot Inhoud 1 Lewensloop 2 Werk 2 1 Eerste inspirasie 2 2 Sein und Zeit 2 3 Metafisika 2 4 Wesenlike waarheid 2 5 Leier van n nuwe soort universiteit 2 6 Kuns en gelatenheid 2 7 Emeritaat 3 Literatuur 3 1 Gesamtausgabe 3 2 Belangrikste werke 4 Eksterne skakelsLewensloop WysigMartin Heidegger word op 26 September 1889 gebore in Messkirch Oberschwaben in n Rooms katolieke gesin as oudste kind van Friedrich en Johanna Heidegger Sy vader was n kuiper en koster van die plaaslike Rooms Katolieke Kerk Met behlp van n beurs van n katolieke stigting gaan hy skool in Konstans 1903 en daarna 1906 in Freiburg im Breisgau Swart Woud In 1909 word hy daar n student oorspronklik in teologie omdat hy n priester wou word maar vanaf 1911 in filosofie In 1913 verwerf hy sy doktorsgraad in 1915 gevolg deur sy habilitasie met die reg om self op universiteitsvlak klas te gee Hy word daarna in Freiburg assistent van Edmund Husserl die grondlegger van die fenomenologie In 1917 trou hy met Elfride Petri wat van Lutherse oorsprong was Sy sou n groot invloed he op sy verdere lewensloop So ontwerp sy byvoorbeeld die Hutte n hout vakansiehuis teen n heuwel by Todtnauberg nou n ski oord waar Heidegger telkens rus soek en waar hy sy belangrikste werke sou skryf Die egpaar het twee seuns Hoewel Heidegger aanvanklik Husserl se filosofie volg begin hy fokus op die ontologie die leer van die wese van die sin en veral die waarheid van die sin Hy bring vernuwing in hierdie metafisiese rigting In 1923 volg n buitengewone hoogleraarskap in Marburg n klein stad waar hy homself egter nie regtig tuis voel nie Hy skryf in briewe oor die nat en neerslagtige omgewing en is bly dat hy tydens vakansies na die Hutte kan gaan Slegs n intieme verhouding met n joodse student Hannah Arendt bring vir hom verligting Sy lesings trek n steeds groeiende skare entoesiastiese studente Sy vernuwende idees deel hy met studente en die bree publiek Op hierdie wyse het sy roem in Duitsland toegeneem ten spyte daarvan dat hy min publiseer Na Husserl se aftrede as professor aangekondig is het hy met die skryf van n uitvoerige ontologiese studie voorberei uit sy lesings begin Dit het met die uitgee daarvan in 1927 aandag getrek getiteld Sein und Seit SuS Met hierdie hoofwerk kon hy hoogleraar word en vestig hy sy naam as n besonders oorspronklike denker Gedeeltelik gegrond op SuS word hy in 1928 aangestel as opvolger van Husserl in die wereldwyd beroemde leerstoel vir wysbegeerte in Freiburg Die opkoms van die nationaal sosialistiese beweging NSDAP in Duitsland het ook n inpak op Heidegger Sy vrou is n vurige aanhanger van die NSDAP Vanaf 1932 simpatiseer Heidegger openlik met Adolf Hitler se ideaal van nasionale opheffing nationale Erhebung Nadat die filosofie vernuwe word wil Heidegger ook die gemeenskap vernuwe Op 21 April 1933 kies sy kollegas hom eenparig as die nuwe rektor van die Freiburg universiteit Hy volg hiermee professor von Mollendorf op wat waarskynlik onder druk van die Nazi regering n dag tevore afgetree het Op 3 Mei 1933 word hy met n groot aantal ander hoogleraars en dosente lid van die NSDAP vir hierdie groep was dit nie verpligtend om lidmaatskap van die party te aanvaar nie in teenstelling met staatsamptenare vir wie dit wel verpligtend was Heidegger se prakties politieke optredes vind sy hoogtepunt in die beroemde berugte Rektoraatsvoordrag op 27 Mei 1933 waarmee hy sy nuwe pos aanvaar n Aantal ander voordragte en lesings uit daardie jaar getuig van sy geloof in die nuwe Duitsland In sy Rektoraatsvoordrag spreek hy hom ten gunste van hierdie Duitse rewolusie uit Heidegger se tyd as rektor word egter gekenmerk deur konflik met Nazi studente intellektuele en burokrate Na n jaar April 1934 dien hy sy bedanking as rektor in Hy bly egter n hoogleraar aan die universiteit van Freiburg en lid van die NSDAP tot aan die einde van die Tweede Wereldoorlog Hy bly tot die einde van sy lewe in sy denke getrou aan die ideaal van n nationale Erhebung gegrond op die oorspronklike denke van die ou Grieke die voor socratici en mede geinspireerd deur digters soos Holderlin Na die einde van die Tweede Wereldoorlog le die Franse besettingsmag n onderrigverbod op hom Sy hoogleraarskap word hom nie ontneem nie sy salaris word betaal maar hy mag geen lesings meer gee nie Heidegger verkeer daardeur geruime tyd in n ernstige psigologiese krisis Vanaf begin jare vyftig besin hy self oor die wese van die kuns van die taal en van die tegniek Een kerntema bly die kritiek op die menslike wil tot mag tot wereldoorheersing en die matelose oormag van die tegniek Daarteenoor stel hy die mens digter filosoof as die houer van die Syn Hy word n spreker by seminare en geniet hoe aansien Baie van sy werke word in ander tale vertaal en veral in Frankryk onder andere via Emmanuel Levinas n ware Heidegger renaissance Sedert die begin jare sewentig onttrek hy hom al hoe meer van die openbare lewe Hy sterf op 26 Mei 1976 in Freiburg Op sy uitdruklike versoek word hy op 28 Mei in sy geboorteplek Messkirch volgens katolieke gebruike begrawe Werk WysigHeidegger het n omvangryke oeuvre nagelaat Heidegger se volledige werke is nog nie gepubliseer nie Die uitgewery Vittorio Klostermann Verlag werk al meer as 30 jaar aan n uitgawe van die volledige werke van Heidegger Gesamtausgabe wat na verwagting uiteindelik uit meer as 100 dele sal bestaan Maar ondanks die diversiteit van sy belangstellings en die ontwikkeling in sy denke bly Heidegger se filosofie essensieel n poging om twee insigte in verband met mekaar te bring Die eerste hiervan is Heidegger se insig dat gedurende die loop van tweeduisend jaar se geskiedenis die filosofie aandag verleen het aan alle wereldse voorwerpe insluitende die wereld maar vergeet het om te vra wat die Syn self is Heidegger formuleer die vraag van Syn en dit bly sy fundamentele kwelvraag deur al sy werk Een belangrike bron van insig was Heidegger se interpretasie van Franz Brentano se tesis oor Aristoteles se verskillende gebruike van die woord syn Die werk vra die vraag wat se eenheid onderle die verskillende gebruike van die konsep syn Heidegger open sy magnum opus Sein und Seit met n aanhaling van Plato se Sofist wat aandui dat die Westerse filosofie syn afgeskeep het aangesien dit as vanselfsprekend beskou word eerder as waardig vir bevraagtekening Heidegger se intuisie oor die vraag van bestaan is dus n historiese argument wat in sy latere werk die vraagstuk van geskiedenis van syn aanspreek Volgens hom is dit die geskiedenis van die vergeet van bestaan wat dit nodig maak om die ontwikkeling van filosofie te ondersoek deur die produktiewe vernietiging van die geskiedenis van die filosofie Die tweede intuisie onderliggend tot Heidegger se filosofie word bekom deur die invloed van Edmund Husserl n filosoof wat nie belangstel in die vrae vanuit die geskiedenis van filosofie nie Eerder het Husserl geargumenteer dat alle filosofie die beskrywing van ervaring moet en behoort te wees vanwaar die fenomenologiese spreuk na die dinge hulleself Vir Heidegger beteken dit dat ervaring altyd belangrik is in die wereld en veral ten opsigte van die moontlike maniere van bestaan Waar Husserl verstaan dat alle bewussyn bedoeld is word dit getransformeer in Heidegger se filosofie Heidegger skep die gedagte dat alle ondervinding gegrond is in sorg Dit is die basis van Heidegger se eksistensiele analise soos hy dit ontwikkel het in Sein und Seit Heidegger argumenteer dat om ervaring behoorlik te beskryf beteken dat die wese vir wie die sodanige beskrywing van waarde sal wees gevind moet word Hy stel dit dat die beskrywing van ervaring in verband gebring moet word met Dasein Dasein is n Duitse woord wat daar wees of teenwoordigheid beteken Soms word dit ook vertaal as bestaan Heidegger gebruik die konsep Dasein om te verwys na die ondervinding van bestaan being wat besonders is tot menswees Eerste inspirasie Wysig Aanvanklik in sy vroee Freiburg jare is hy geboei deur die skolastiek Habitasie oor werk van die Middeleeuse filosoof Duns Scotus Aristoteles Kerkvaders en Kant Daarna verskuif sy aandag na die fenomenologie hy was immers die assistent van Husserl wie se fenomenologiese metode n groot invloed uitoefen op sy denke Tydens sy jare in Marburg het hy onder andere Plato Augustinus Martin Luther Georg Wilhelm Friedrich Hegel Friedrich Schelling en Soren Kierkegaard bestudeer Ook sy kontak met die protestantse Marburgse teoloog Rudolf Bultmann was daar n groot invloed op sy denke Sein und Zeit Wysig In 1927 verskyn Sein und Zeit Syn en Tyd waarin hy die fundamentele rol van die tydelikheid gesien as die dood van die menslike bestaan sowel objektief as subjektief ondersoek Die boek is deel 1 van n mislukte en afgebroke projek Hy fokus op die onlosmaaklike verbondenheid tussen die bestaan In der Welt sein en Geworfenheit en hoe die mens vanuit sy noodsaak om sy eie bestaan te verstaan homself op sy eindige toekoms rig en vanuit die toekoms sy verlede interpreteer In sy analise van die Dasein tree hy in debat met die groot filosowe en die wetenskap wat hy voel te kort skiet Die gedagte oor menswees as Dasein as in der Welt sein as Mitmensch sein as sein sum Tode opvatting oor die Niks oor angs en dood oor verworpenheid en Sorge is almal tot vandag toe basisbegrippe in die wysbegeerte Heidegger gebruik baie nuwe woorde en begrippe omdat die betekenis van standaard terme uit sy tyd hom nie bevredig nie Daarom is enkele paragrawe van SuZ vir beginners moeilik om te lees Voorts het hy die werk vinnig geskryf terwyl die ingewikkeldheid van die saak die sinskonstruksies ook nie altyd eenvoudig gelaat het nie Metafisika Wysig Met sy Freiburgse Antrittsrede 24 Julie 1929 Was ist Metaphysik trek Heidegger baie aandag veral met die afsluitingsvraag wat hom sy hele lewe lank sou besighou Warum ist uberhaupt Seiendes und nicht vielmehr Nichts Waarom is daar hoegenaamd Syn en nie eerder Niks nie Origens dui hy in die toespraak aan dat hy die akademiese onderwys sou wil hervorm Hy beveel aan dat studie weer n hernude aanvang moet vind in die denke van die ou Grieke boonop moet daar n einde gemaak word aan die onsamehangende verskeidenheid van die afsonderlike vakke Die rede beteken ook n breuk met SuZ omdat Heidegger hom nou minder uitlaat oor die individu en abstrakte beelde maar die Existens bestaan op die voorgrond plaas Hy rig hom meer op die konkrete gebeure as die geskiedenis van die waarheid en dan gebonde aan n gemeenskap wat die Geschichtlichkeit historisiteit van die Dasein is Wesenlike waarheid Wysig In sy lesings oor die wesenlike waarheid kom die pre Sokratiese filosowe en Plato aan die orde Hierin besin hy homself opnuut oor die wese van die waarheid Wese word hier gebruik soos dit in die Griekse woord aletheia uitgedruk word letterlik onverborgenheid Daarby onthul hy die struktuur van die waarheid soos dit voorafgaan en vormgee aan die gangbare opvatting van waarheid Van n ware uitspraak verwag ons duursaamheid en betroubaarheid dat dit altyd akkuraat is en ons lewens ondersteun Ons weet egter ook dat die werklikheid nooit totaal vasgevang kan word in een uitspraak daaroor nie Daarvoor is dit altyd te ingewikkeld Heidegger se uitgangspunt van die waarheid is die waarnemingsvermoe byvoorbeeld as ons proe of ons sop genoeg sout bevat die tong proe die brein beoordeel en ons stel vas Sulke uitsprake maar ook in die wetenskappe is moontlik op voorafgaande nuwighede die waarheid daarvan word onthul maar word ook tegelykertyd verberg Wat verberg word kan deels onthul word maar dan weer op dieselfde manier tog ook verbloemend wees So sal daar nooit een definitiewe antwoord op elke vraag wees nie Met sy voordrag Vom Wesen der Wahrheit reis hy in die jare 1930 1932 deur die hele Duitsland Hy beklemtoon daarin dat die wese van die waarheid die vryheid is Dit is die vryheid van die latere Syn waardeur iets is en mens n ware uitspraak oor gemaak kan word Die denke oor die waarheid en die gids Fuhrer aard wat hy in Plato se grotvoorbeeld ondersoek val saam met die koms van die ander Fuhrer Adolf Hitler Heidegger het n tydlank van die einde van 1932 tot vroeg in 1934 in Hitler n soortgelyke gidsfunksie gesien bedoelende die gids wat die gevangenisse in die grot na die lig lei Leier van n nuwe soort universiteit Wysig In sy Rektoraatsvoordrag 27 Mei 1933 Die Selbstbehauptung der deutschen Universitat stel Heidegger dit dat hy homselff beskou as die Fuhrer van n nuwe akademiese gemeenskap in die Nuwe Duitsland n Kampfgemeinschaft op soek na die waarheid van die ou Grieke Hy wys die studente op hul verbondenheid met die volk wat die draer is van die oorspronklike waarheid en bind die studente nouer aan die volksgemeenskap deur middel van Arbeits Wehr und Wissensdienst Hy sien hierin n grootse begin van n totaal nuwe tydperk waarin studente met wetenskaplikes saamwerk binne n egte akademiese gemeenskap soos hy reeds in sy Antrittsrede 1929 aangekondig het Kuns en gelatenheid Wysig Nadat hy homself begin terugtrek het van die prakties politieke gebeure April 1934 rig hy homself onder andere op die wesensaard van die kuns byvoorbeeld in Der Ursprung des Kunstwerkes 1935 op die digkuns veral in Holderlin waarin hy n voortsetting van die oud Griekse denke sien op die denke van Hegel en veral van Friedrich Nietzsche in uitvoerige lesings Tydens die oorlogsjare keer hy ook weer terug na sy geliefde ou Grieke met lesings oor Herakleitos Anaximander en Parmenides Die nogal rewolusionere denke uit die begin van die dertigerjare het nou plek gemaak vir meer Gelassenheit gelatenheid In hierdie verband doen hy onder andere in Brief uber den Humanismus 1947 afstand van die eksistensialisme soos dit deur Jean Paul Sartre veral in Frankryk ontwikkel het Heidegger vind Sartre se interpretasie van dele uit SuZ nie voldoende nie Emeritaat Wysig Na sy aftrede in 1951 sit Heidegger sy werk voort In seminare en lesings praat hy veral oor die wese van die tegniek tegnologie van die ding van bou en woon as wesensdeel van die Dasein Hy waarsku teen die Seinsvergessenheit van die tegniek tegnologie aanbidders wie hulle blind staar teen die konkrete en doenbare en probeer self in sy geskrifte die wese as werkwoord gesien van die Syn te toon Die oorheersing van die uitdagende tegniek tegnologie sien hy as n gevaar maar met Holderlin stel hy hy dat Wo die Gefahr ist wachst das Rettende auch Waar die gevaar is groei die redding ook Heidegger het n onderhoud met Der Spiegel 31 Mei 1976 gehad wat eers 10 jaar na sy dood gepubliseer kon word Nur ein Gott kann uns retten Hierin distansieer Heidegger hom opnuut nie van sy denke en optrede as rektor in 1932 1934 nie en hy waarsku ook weer teen die matelose wil tot mag wat die mens in die tegnologiese tyd opnuut wegvoer van die egte denke Heidegger sien homself as n vernuwende denker wat deur sy terugkeer na die bronne van die oorspronklike Griekse denke op die weg is na n toekoms in waarheid Literatuur WysigGesamtausgabe Wysig Martin Heidegger Gesamtausgabe GA Versamelde Werke verskyn sedert 1975 by Vittorio Klostermann Frankfurt am Main Daar word meer as 100 dele beplan Belangrikste werke Wysig 1927 Sein und Zeit Gesamtausgabe Volume 21929 Kant und das Problem der Metaphysik Gesamtausgabe Volume 31935 Einfuhrung in die Metaphysik 1935 gepubliseer in 1953 Gesamtausgabe Volume 401936 8 Beitrage zur Philosophie Vom Ereignis 1936 1938 published 1989 Gesamtausgabe Volume 651942 Holderlins Hymne Der Ister 1942 gepubliseer in 1984 Gesamtausgabe Volume 531949 Die Frage nach der Technik in Gesamtausgabe Volume 71950 Holzwege Gesamtausgabe Volume 5 Hierdie versameling sluit in Der Ursprung des Kunstwerkes 1935 1936 1955 56 Der Satz vom Grund Gesamtausgabe Volume 101955 57 Identitat und Differenz Gesamtausgabe Volume 111959 Gelassenheit in Gesamtausgabe Volume 161959 Unterwegs zur Sprache Gesamtausgabe Volume 12Artikel vertaal uit Nederlands Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Martin Heidegger Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Martin Heidegger amp oldid 2483972