www.wikidata.af-za.nina.az
Die Thomas Morse S 4 was n Amerikaanse enkelsitplek dubbeldekker opleidingsvliegtuig wat eers in Junie 1917 sy nooiensvlug voltooi het Thomas Morse S 4Tipe VegvliegtuigVervaardiger Thomas Morse Aircraft CorporationOntwerp deur B D ThomasNooiensvlug Junie 1917Hoofgebruiker Amerikaanse WeermagDie Thomas Morse Aircraft Corporation is gestig in Januarie 1917 deur die Engels gebore Thomas broers met die ondersteuning van Morse Chain Co Die vliegtuig was ontwerp deur B D Thomas geen verwantskap met die eienaar nie Na voltooiing van die nooiensvlug was dit aanvaar deur Amerikaanse Weermag as die S 4B onderhewig aan verskeie veranderinge die romp was onder andere verkort met 0 94 meter In Oktober 1917 het die Sein Korps n 100 van die vliegtuig bestel om te gebruik vir gevorderde opleiding Die hantering van die vliegtuig was goed die enigste swakheid was dat dit stertswaar was Die 100 perdekrag Gnome Monosoupape motor was nie betroubaar nie dit het onder andere olielekke ontwikkel Daarna het hulle 400 S 4C s bestel met die 80 perdekrag Le Rhone motor die eerste vyftig was afgelewer met die Monosoupape motor n Ander verbetering was dat die twee vlerke meer in lyn was oor mekaar Daar was ook voorsiening gemaak vir n 0 30 duim Marlinmasjiengeweer voor op die kajuit aan die stuurboord kant Dit kon vervang word met n kamera In Augustus en Oktober was bestellings geplaas vir n verdere 150 S 4C s maar na die vredesluting op 11 November was die kontrak gekanselleer nadat slegs 79 eenhede voltooi was Alhoewel die Amerikaanse Weermag die meeste van die vliegtuie bestel het was tien S 4B s en S 4C s en ses vlotter S 5 s verskaf aan die vloot n Prototipe S 4E was ook ontwikkel die vlerke was korter en meer gespits Inhoud 1 Post Eerste Wereldoorlog 2 Tegniese besonderhede 3 Sien ook 4 BronPost Eerste Wereldoorlog wysigNa die Vredesluiting was baie Thomas Morse S 4 s kommersieel beskikbaar en het in privaat besit beland en was ook gebruik vir wedrenne Baie se motors was vervang met die 110 perdekrag Le Rhones of 90 perdekrag Curtiss OX 5s motors Die S 4 was ook deur Hollywood gebruik vir rolprente soos Hell s AngelsThomas Morse Aircraft Corporation het ook verdere ontwikkeling gedoen die S 6 S 7 en S 9 is bekend gestel Die eerste twee het in Januarie 1919 verskyn Die S 6 het oor twee sitplekke in tandem beskik en die S 7 oor twee sitplekke langs mekaar Die S 9 was n tandem tweesitplek vliegtuig wat toegerus was met n 200 perdekrag Wright J 3 stermotor Tegniese besonderhede wysigBesonderhede van die Thomas Morse S 4C Item StatistiekAantal motors 1Tipe motor SkroefVervaardiger Le Rhone 9 CKraglewering per motor 80 perdekragVlerkspan 8 08 mLengte 6 05 mHoogte 2 46 mVlerkoppervlakte 21 74 m2Maksimum opstygmassa 603 kgMaksimum snelheid 156 km h op seevlakOperasionele hoogte 4 572 mUithouvermoe 2 0 ure en 30 minuteKlimvermoe OnbekendBewapening Een 0 30 Marlinmasjiengeweer Sien ook wysigLys van vegvliegtuieBron wysigFighters 1914 1919 Attack and Training Aircraft Kenneth Munson 2004 ISBN 978 0 753721 73 5 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Thomas Morse S 4 amp oldid 2503118