www.wikidata.af-za.nina.az
Die Sosialistiese Eenheidsparty van Duitsland Duits Sozialistische Einheitspartei Deutschlands kort SED was n politieke party wat in 1946 in die Sowjet besettingsone van Duitsland gestig is Onder politieke druk het twee partye die Kommunistiese Party van Duitsland KPD en die Sosiaal Demokratiese Party van Duitsland SPD saamgesmelt en in die volgende jare onder invloed van die Sowjet besettingsmag verder ontwikkel tot n kommunistiese party met n party apparaat waarin polities hoogs geskoolde lede n sentrale rol gespeel het Sozialistische Einheitspartei DeutschlandsSEDDie amptelike SED partykentekenLeier President Wilhelm Pieck en eerste minister Otto Grotewohl Mede leier 22 April 1946 6 April 1954 vanaf 7 April 1954 tot Desember 1989 vakantGregor Gysi 9 Desember 1989 17 Desember 1989 Gestig 21 April 1946Ontbind 16 Desember 1989Samesmelting van Kommunistiese Party van Duitsland en Sosiaal Demokratiese Party van DuitslandOpgevolg deur Party van Demokratiese SosialismeNuusbrief Neues DeutschlandHoofkwartier Berlyn Duitse Demokratiese RepubliekJeugvleuel Freie Deutsche Jungend FDJ Ideologie Kommunisme Stalinisme Sosialisme Marxisme LeninismeInternasionale affiliasie CominformAmptelike kleure Rooi Vlag van die SEDOpening van die XIde Partyvergadering in Berlyn op 17 April 1986 in die Palast der Republik BerlynAangesien feitlik alle staatsorgane deur SED lede oorheers is het die party vinnig tot n sogenaamde staatsparty ontwikkel sodat na die politieke stelsel van die latere Duitse Demokratiese Republiek DDR wat in 1949 geproklameer is as partydiktatuur verwys word Met die politieke omwenteling in die DDR het die SED in 1989 1990 sy oorheersende rol as staatsparty kwytgeraak n nuwe program van aksie saamgestel en sy naam gewysig tot Party van die Demokratiese Sosialisme PDS Na die samesmelting met die WASG het in 2007 die nuwe party Die Linke ontstaan Sien ook WysigStasi die party se Ministerie vir Staatsveiligheid Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Sosialistiese Eenheidsparty van Duitsland amp oldid 2069368