www.wikidata.af-za.nina.az
Die Sokoke is n kortharige katras wat sy oorsprong in Kenia het Die oorspronklike naam was Khadzonzos wat die Keniaanse stam die Giriama daaraan gegee het Dit beteken wat soos boombas lyk SokokeAlternatiewe naam KhadzonzosLand KeniaOntstaan Natuurlik hibrideSoort lyf Lank skraalPels KortPatroon Strepe en fyn strepiesWetenskaplike naamFelis catus huiskat of Felis Catus x Felis silvestris lybicaPortaal Katte Inhoud 1 Geskiedenis 2 Beskrywing 3 Sien ook 4 Eksterne skakelsGeskiedenis wysigDie Khadzonzos katte is in 1978 in die Arabuko Sokoke woud in Kenia ontdek Van hulle is na Denemarke gebring om daar mee te teel In 1990 is nog katte ingevoer om die teelpoel te vergroot Hulle is in 1984 die eerste keer in Kopenhagen geskou Die Federation Internationale Feline FIFe het hulle in 1993 erken onder die naam Sokoke van waar die katte kom Ook The International Cat Association TICA erken die katte Daar is altyd gewonder of die dier n huiskat is en nie dalk n afstammeling van die vaalboskat Felis silvestris lybica wat self mak geword het nie Na DNS toetse is onlangs vasgestel dat die Sokoke deel van die Asiatiese groep huiskatte is wat ook bloed van die vaalboskat het As sulks is dit n hibride n kruising tussen twee spesies Beskrywing wysigSokokes het gestreepte pelse in skakerings van bruin met amberkleurige tot liggroen oe Die hare is kort en grof en het feitlik geen onderlaag nie Die lyf is lank en skraal en die bene lank Hulle is baie aktief en vorm nou bande met mense en ander katte en pas moeilik in n nuwe omgewing aan Hulle is minder geneig om moderne katsiektes te kry Sien ook wysigLys van katrasseEksterne skakels wysigBlog foto s by pictures of cats org nbsp Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sokoke nbsp Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Sokoke amp oldid 2200228