www.wikidata.af-za.nina.az
Robert Anson Heinlein 7 Julie 1907 8 Mei 1988 was n Amerikaanse roman en wetenskapsfiksie skrywer Hy word beskou as een van die gewildste invloedrykste en omstrede skrywers van wetenskapsfiksie Hy was van die eerste in die genre om deur te breek na die populere massamark Robert A HeinleinRobert Anson HeinleinGebore7 Julie 1907Butler MissouriSterf8 Mei 1988 op 80 Carmel KalifornieNasionaliteit Verenigde StateBeroepRomanskrywer kortverhaalskrywer essayis draaiboekskrywerEggenootElinor Curry huwelik in 1929 geskei Leslyn MacDonald 1932 47 geskei Virginia Ginny Gerstenfeld huwelik in 1948 Ouer s Rex Ivar HeinleinBam Lyle HeinleinHandtekeningSy oeuvre het herhaalde sosiale temas die belang van individuele vryheid en selfbeskikking die verantwoordelikheid van die individu aan sy of haar sosiale maatskappy die invloed van georganiseerde godsdiens op kultuur en regering asook die neiging van die sosiale maatskappy om non konformerende denke te onderdruk Hy ondersoek ook die verhouding tussen emosionele en fisiese liefde spekuleer oor onortodokse familiegroeperings en oor die invloed van ruimtereis op die kulturele praktyke van die mensdom Heinlein het vier Hugo toekennings gewen en daarby het drie van sy ander werke retrospektiewelik dieselfde toekenning gewen 50 jaar na die jaar waarin dit nie toegeken was nie Biografie Wysig nbsp Heinlein in 1929 in die VSA se vlootakademie Heinlein is gebore in die dorpie Butler in Missouri alhoewel sy kinderjare deurgebring is in Kansas City Missouri Hierdie area is algemeen bekend as die Bible Belt en die invloed is duidelik bespeurbaar in sy werk Na skool gaan hy na die Amerikaanse vlootakademie en voltooi daar sy opleiding in 1929 Hy word uiteindelik n luitenant in die vloot maar word ontslaan weens gesondheidsredes in 1934 Sy eerste huwelik met Eleanor Curry van Kansas City in 1929 duur net n jaar Sy tweede huwelik met Leslyn Mcdonald duur vanaf 1932 tot 1947 Na sy vlootloopbaan kry hy vir n paar jaar finansieel swaar voordat hy hom na skryfwerk begin wend om n huislening te probeer afbetaal Sy eerste kortverhaal word in 1939 gepubliseer Tydens die Tweede Wereldoorlog werk hy weer as ingenieur vir die vloot en werf tydens die tydperk ook twee ander groot wetenskapfiksie skrywers Isaac Asimov en L Sprague de Camp om in die bootwerf te Philadelphia te werk Hy trou in 1948 met Virginia Gerstenfeld en bly getroud met haar tot met sy dood veertig jaar later Sy dien dikwels as model vir van sy sterk vroulike protagoniste Hy publiseer wat beskou word as sy meesterwerk Stranger in a Strange Land in 1961 Die boek word beskou as die nie amptelike bybel van die hippie beweging later in die 1960 s Na verskeie probleme met sy gesondheid n aanval van peritonitis en hartsiekte sterf hy in sy slaap weens die komplikasies van emfiseem en hartversaking Verkorte bibliografie WysigThe Green Hills of Earth 1947 Space Cadet 1948 Red Planet 1949 Farmer in the Sky 1950 Retrospektiewelike Hugo toekenning 1951 The Puppet Masters 1951 The Man Who Sold the Moon 1951 Retrospektiewelike Hugo toekenning 1952 The Star Beast 1954 Tunnel in the Sky 1955 Time for the Stars 1956 Citizen of the Galaxy 1957 The Door into Summer 1957 Have Space Suit Will Travel 1958 Methuselah s Children 1958 Starship Troopers 1959 Hugo toekenning 1960 Stranger in a Strange Land 1961 Hugo toekenning 1962 Farnham s Freehold 1965 The Moon Is a Harsh Mistress 1966 Hugo toekenning 1967 I Will Fear No Evil 1970 Time Enough for Love 1973 The Number of the Beast 1980 Friday 1982 Job A Comedy of Justice 1984 The Cat Who Walks Through Walls 1985 To Sail Beyond the Sunset 1987Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Robert A Heinlein Die Heinleingenootskap Geillustreerde lys van die fiksie van Heinlein Geargiveer 18 September 2005 op Wayback Machine Heinlein argiewe Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Robert A Heinlein amp oldid 2497226