www.wikidata.af-za.nina.az
Northcliff is n welgestelde en eksklusiewe voorstad van Johannesburg Suid Afrika Die voorstad is gelee op Northcliffrif wat aan die een kant n uitsig bied oor die sentrale sakegebied en aan die ander kant van die boomryke noordelike voorstede Northcliff se groot wonings is teen n steil helling van die heuwel gelee en grens aan die Randburgse voorstede Fairland Blackheath Cresta en Berario NorthcliffVoorstadNorthcliff Northcliff se ligging in GautengKoordinate 26 8 46 S 27 58 12 O 26 14611 S 27 97000 O 26 14611 27 97000 Koordinate 26 8 46 S 27 58 12 O 26 14611 S 27 97000 O 26 14611 27 97000Land Suid AfrikaProvinsieGautengMunisipaliteitStad JohannesburgOppervlak 1 Totaal9 06 km2 3 50 vk myl Bevolking 2011 1 Totaal14 664 Digtheid1 619 km2 4 190 vk myl Rasverdeling 2011 1 Wit mense63 5 Indiers Asiers7 5 Bruin mense4 9 Swart mense22 8 Ander1 2 Taal 2011 1 Engels55 1 Afrikaans25 4 Zoeloe4 1 Tswana2 9 Ander12 5 Onlangs is daar strate met toegangsbeheer afgesper om meer sekuriteit en eksklusiwiteit aan inwoners van Northcliff te bied Northcliff is gelee in streek B van die Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit Inhoud 1 Geskiedenis 2 Geografie 3 Ekonomie 4 Onderwys 5 VerwysingsGeskiedenis Wysig nbsp Uitsig oor Northcliff 1978 Die woonbuurt is uitgele op n gedeelte van die plaas genaamd Waterval op die ou Witwatersrand 2 Dit is op 3 Oktober 1934 gestig en genoem na die noordelike rif Geografie WysigNorthcliffrif ook bekend as Aasvoelkop vanwee die kranse wat deur hierdie roofvoels bewoon was voordat dit verstedelik is word al meer as 250 000 jaar lank deur mense bewoon Op 1807 meter is die rif die tweede hoogste punt in Johannesburg een meter laer as die Observatory heuwel Dit het drie plantegroeisones en word deur baie verskillende diere bewoon Ekonomie WysigNorthcliff word bedien deur Cresta Shopping Centre een van die grootste winkelsentrums in Johannesburg wat op die grens van Northcliff in die voorstad Cresta gelee is Ander kleiner voorstedelike winkelkomplekse is binne maklike toegang byvoorbeeld Northcliff Corner The Verdi Centre Heathway Square en Home Living Design Centre Onderwys WysigHoewel dit in Blackheath gelee is gee die voorstad sy naam aan die Northcliff High School asook Northcliff Primary School Verwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 1 3 Subplek Northcliff Sensus 2011 Raper Peter E Moller Lucie A du Plessis Theodorus L 2014 Dictionary of Southern African Place Names Jonathan Ball Publishers p 1412 ISBN 9781868425501 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Northcliff amp oldid 2404597