www.wikidata.af-za.nina.az
Huisgenoot is n weeklikse Afrikaanse gesinstydskrif Dit het lank die hoogste sirkulasiesyfers van alle betaalde Suid Afrikaanse tydskrifte gehad 1 en is steeds die beste verkoper onder Afrikaanse tydskrifte Sy susterstydskrif YOU die Engelstalige weergawe is ook onder die toptydskrifte Nog n voormalige susterstydskrif Drum was op die swart mark gerig Daar word geskat dat meer as twee miljoen mense weekliks Huisgenoot lees Huisgenoot word deur Media24 n filiaalmaatskappy van Naspers uitgegee en die inhoud bestaan uit n mengsel van ware drama glansonderwerpe mode en verbruikersake sowel as resepte blokkiesraaisels tuisprojekte en sport Dit het ook n kinder en tienerafdeling en elke week minstens een kortverhaal of n vervolgverhaal HuisgenootRedakteur Yvonne BeyersRedaksielede Almari Wessels Cyril Blackburn Lara Atson Charlea Sieberhagen Grey Hugo Loubser Deon Lamprecht Johannes de Villiers Suzaan Hall e a Kategoriee Algemene belang gesinstydskrifFrekwensie WeekliksUitgewer Media24Totale Oplaag 140 279 ABC 1e kwartaal 2021 Jaar gestig 1916Eerste uitgawe 20 Mei 1916Land Suid AfrikaTaal AfrikaansWebwerf www wbr huisgenoot wbr com Inhoud 1 Bestuur 2 Handelsmerk 3 Geskiedenis 4 Nuwe fokus 5 Digitale gebruik 5 1 Interaktiewe inhoud 6 Kyk ook 7 Verwysings 8 Eksterne skakelsBestuur Wysig Henriette Loubser redakteur tot einde Mei 2017 aan die woord tydens die viering van Huisgenoot se 100 jarige bestaan op 20 Mei 2016 Esmare Weideman n oudredakteur van Huisgenoot aan die woord tydens die tydskrif se eeufeesviering op 20 Mei 2016 Huisgenoot se kantoor is op die sewende en agtste verdieping van die Media24 sentrum op die Kaapse Strandgebied Izelle Venter was van 1 Julie 2011 hoofredakteur van al drie publikasies wat saam n sirkulasie van sowat 435 000 eksemplare per week gehad het in die eerste kwartaal van 2016 2 Venter het Esmare Weideman opgevolg wat aangestel is as uitvoerende hoof van Media24 Julia Viljoen het redakteur van Huisgenoot geword en sy is deur Henriette Loubser opgevolg 3 Einde 2013 is die hoofredakteurspos afgeskaf Yvonne Beyers is van 1 Junie 2017 af redakteur van die tydskrif 4 Handelsmerk Wysig Gedenkuitgawes van die tydskrif verskyn gereeld om mylpale in sy bestaan te vier maar ook boeke soos die glanspublikasie van 1999 Eeugenoot n oorsig oor hoogtepunte in Huisgenoot se beriggewing in die 20ste eeu Daar is verskeie handelsmerkuitbreidings afsonderlike tydskrifte oor onder meer brei bak blokraaie Verder is n gewilde konsert Skouspel jaarliks tot in 2014 aangebied waar van die land se vooraanstaande Afrikaanse kunstenaars opgetree het Dit is gewoonlik oor twee naweke by Sun City gehou By n afsonderlike geleentheid word die gewildste sangers akteurs TV programme ens van die jaar vereer met n toekenning Tempo 5 n Jaarlikse Skouspel is ook in Kaapstad gehou 6 In 2015 het Skouspel SuperSkouspel geword n eenmalige konsert vir sowat 30 000 toeskouers in die FNB stadion in Johannesburg Dit is net in 2015 aangebied In Julie 2012 het Huisgenoot in samewerking met kykNET hul eie werklikheidsreeks Saktyd geloods 7 Die reeks het vir Huisgenoot aanhangers n agter die skerms kykie gegee van wat dit verg om weekliks die land se mees gewilde tydskrif te vervaardig terwyl dit ook 13 deelnemers uitgedaag het om n gesogte pos by die tydskrif te wen Die uiteindelike wenner was Christiaan Boonzaier Geskiedenis WysigDie tydskrif is in 1916 as die maandblad De Huisgenoot gestig die eerste uitgawe het op 20 Mei daardie jaar verskyn om n inkomstestroom vir Die Burger te verskaf en om die Afrikanerbevolking te voorsien van inspirasie inligting en vermaak 8 Die Huisgenoot was in die beginjare n belangrike bron van kennis oor geskiedenisonderwerpe nie net Suid Afrikaanse onderwerpe nie maar ook gebeure uit die wereldgeskiedenis en dit kon as die volk se universiteit beskou word 9 Eugene Marais het byvoorbeeld vier artikels oor miere vir Die Huisgenoot geskryf 10 Die tydskrif is in sy beginjare sterk vereenselwig met die ontluikende Afrikanernasionalisme Historiese figure is gereeld op die voorblad gebruik Die eerste uitgawe het n foto van pres Paul Kruger vertoon en die opvolgende uitgawe die van pres J H Brand Julie 1916 Ander figure wat op die voorblad gepryk het het genl Piet Joubert Augustus 1916 die volksdigter Jan F E Celliers September 1916 Karel Trichardt Oktober 1916 pres F W Reitz November 1916 en die Vader van Helpmekaar ds J D Kestell Desember 1916 ingesluit 8 Huisgenoot het egter geleidelik al meer markgerig geraak en die inhoud is ter wille van populere smaak aangepas In Oktober 1923 het Die Huisgenoot aangekondig dat dit in n weekblad sou verander In die uitgawe skryf die redakteur prof J J Smith dat hoewel die ernstige sy van die lewe nie verwaarloos sal word nie daar ook gepoog sal word om iets vir die smaak van elke leser aan te bied en meer in voeling met die behoeftes en wense van die aangroeiende leserskring te bly 8 Teen die laat 1940 s het die tydskrif in die meeste van sy doelwitte geslaag naamlik om in die middelpunt van die Afrikaanse kultuurlewe te staan te help om Afrikaans as skryftaal te vestig n leesgewoonte onder Afrikaners te kweek en om n platform te bied aan Afrikaanse skrywers en digters 11 Teen die 1950 s en 1960 s het filmsterre soos Audrey Hepburn 2 September 1960 en Ava Gardner 2 Desember 1960 pleks van landskappe of geskiedkundige figure op die voorblad gepryk Gebeurtenisse soos Republiekwording in 1961 en die sluipmoord op dr H F Verwoerd het egter heelwat publisiteit gekry Die Nederlandserige titel De Huisgenoot is na die meer Afrikaanse Die Huisgenoot aangepas en in 1977 is die naam verder verkort tot Huisgenoot 8 Nuwe fokus Wysig Karen Zoid het Huisgenoot se eeufeesliedjie Waar was jy gekomponeer en uitgevoer tydens die tydskrif se eeufeesviering op Nasdak in die Media24 sentrum op 20 Mei 2016 Teen die laat 1970 s was die tydskrif besig om uit voeling te raak met die veranderende kulturele norme van die Afrikanerbevolking ook weens die invoer van televisie uitsendings in 1976 en die leserstal het drasties gedaal Teen 1978 was die tydskrif in n ernstige verknorsing en n nuwe redakteur Niel Hammann is aangestel Hy het Huisgenoot in n meer populistiese en winsgedrewe rigting gestuur en die gewildheid en verkope het die hoogte ingeskiet van 140 000 tot 500 000 kopiee per week Hammann het hom veral op vroue wat die primere aankoper van tydskrifte is se belangstellings toegespits Die voorblaaie het sedertdien bekendes soos TV en rolprentsterre skoonheidspersoonlikhede soos Anneline Kriel en later Diana prinses van Wallis vertoon 8 12 Saam met sy Engelse susterstydskrif YOU is dit een van die suksesvolste tydskrifte in Suid Afrika hoewel Huisgenoot se sirkulasie na die halfmiljoen hoogtepunt deurentyd daal en in die vierde kwartaal van 2012 op 270 000 weekliks te staan gekom het vergeleke met 283 000 in die ooreenstemmende kwartaal n jaar vantevore n afname van 4 6 13 In die vierde kwartaal 2015 was die sirkulasie sowat 238 000 Huisgenoot se dalende verkope word egter gesien as tekenend van wat met die gedrukte media koerante en tydskrifte wereldwyd gebeur Die digitale revolusie met sy internet toegang wat behels dat inligting vermaak en bowenal kommunikasie net n paar vingerdrukke ver is vir die mensemassa verg besonderse pogings van joernaliste om gedrukte publikasies staande te hou In die volgende afdeling word egter gesien hoe Huisgenoot ook by die tyd aanpas en die elektroniese uitdaging kaalvuis gepak het Digitale gebruik WysigHuisgenoot het sy digitale gebruik vergroot met onder meer n iPad uitgawe e magazine op Zinio n webtuiste n iPhone toepassing en blaaie op Facebook met meer as 275 000 aanhangers 14 15 Twitter YouTube en Mxit Interaktiewe inhoud Wysig Sedert 2010 gebruik Huisgenoot n interaktiewe toepassing wat Microsoft Tag tegnologie gebruik Dit stel lesers in staat om na video s te kyk deur eenvoudig n strepieskode ikoon te skandeer Die ikone kom regdeur die tydskrif voor 16 Kyk ook WysigHuisgenoot Ware LewensdramasVerwysings Wysig The biggest circulating consumer magazines in SA marklives com URL besoek op 20 05 2014 en ANC Analysis Q1 2016 Henriette Loubser by Who s Who in Southern Africa Geargiveer 1 April 2017 op Wayback Machine URL besoek op 20 05 2014 1 Geargiveer 7 Augustus 2020 op Wayback Machine Huisgenoot Yvonne Beyers is nuwe redakteur Netwerk24 2 Mei 2017 Besoek op 26 Mei 2017 Tempos by Channel24 URL besoek op 20 05 2014 Huisgenoot Skouspel terug op die Kaapse kalender News24 Geargiveer 21 Mei 2014 op Wayback Machine URL besoek op 20 05 2014 KykNET s new reality show Saktyd Maroela Media URL besoek op 20 05 2014 8 0 8 1 8 2 8 3 8 4 Prof J D Froneman Skool van Kommunikasiestudies Potchefstroomse Universiteit Dominante motiewe in die transformasie van Huisgenoot Geargiveer 10 Maart 2006 op Wayback Machine 1916 2003 Voorgedra by die Media in Africa conference Stellenbosch 11 12 September 2003 Afgelaai op 18 November 2007 Die Burger US databasis bewaar dooie skakel besoek op 18 November 2007 Universiteit van Johannesburg Library amp Information Centre H G Viljoen dokumente dooie skakel besoek op 18 November 2007 Stella Viljoen Imagined Community 1950s kiekies of the volk dooie skakel Afgelaai op 18 November 2007 Van Reybrouck D 2003 Die plaag Die stil geknaag aan skrywers termiete en Suid Afrika Vertaal deur Daniel Hugo Pretoria Protea Boekhuis bl 117 Hulle Naspers is ook die uitgewer van Huisgenoot die blad waarin Marais sy termietstukke gepubliseer het Dit bestaan steeds In die middel van die sewentigerjare het die blad sy gewildheid verloor toe is dit drasties herskep volgens die beproefde resep van Duitse blaaie soos Bild en Stern Minder is meer Vandag is dit dus n sensasieblad vol gesondheidspraatjies radelose lesersbriewe en skokkende foto artikels Met n weeklikse verkope van amper n halfmiljoen is dit die grootste tydskrif in Suid Afrika Op die voorblad is altyd mooi opgewekte halfberoemde mense Binne in is opskrifte soos Onthoof deur n ontploffende halsband en Agtien verkeerde dinge wat jy met jou lyf kan doen ek wonder of die dra van n ontploffende halsband een die 18 is Blog in24 co za dooie skakel Huisgenoot se Facebook gemeenskap nou 200 000 sterk News24 dooie skakel URL besoek op 2014 05 20 Huisgenoot op Facebook URL besoek op 2014 05 20 Hofmeister R Huisgenoot Media24 6 Januarie 2011 p 5 Eksterne skakels WysigSteytler N G Aan sy uitdaging getrou hulde aan Die Huisgenoot 1916 1966 In Lantern Tydskrif vir Kennis en Kultuur Jaargang 16 nr 2 Desember 1966 Huisgenoot se amptelike webwerf Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Huisgenoot amp oldid 2559932