www.wikidata.af-za.nina.az
Mbala is Zambie se mees noordelike groot dorp en le strategies na aan die grens met Tanzanie en op die suidelike toegangsroetes tot die Tanganjika meer 40 km na die noordooste waar die meerhawe Mpulungu gelee is Die dorp le op die ou Great North Road 165 km noord van Kasama In n stadium was dit die eindpunt van die pad n gedeelte van Cecil John Rhodes se droom van n pad van die Kaap na Kairo wat noodwendig hier moes ophou omdat Tanzanie destyds in Duitse besit was MbalaMbalaKoordinate 8 50 0 S 31 28 0 O 8 83333 S 31 46667 O 8 83333 31 46667 Koordinate 8 50 0 S 31 28 0 O 8 83333 S 31 46667 O 8 83333 31 46667Land ZambieProvinsieNoordelike ProvinsieDistrikMbalaTydsoneUTC 2 SAST As Abercorn was Mbala n belangrike buitepos van die Britse koloniale beheer oor die destydse protektoraat van Noord Rhodesie Dit is tans die hoofdorp van een van die Noordelike Provinsie se administratiewe distrikte Die bevolking neem na raming teen 4 jaarliks toe In 2009 het die dorp n geskatte 24 066 inwoners gehad 1 vergeleke met 11 116 volgens die sensus van 1990 Inhoud 1 Voorgeskiedenis 2 Koloniale tydperk 3 Huidige stand 4 Eksterne skakels 5 VerwysingVoorgeskiedenis wysigVoor die koloniale tydperk aangebreek het was Mbala die setel van hoofman Zombe aan die Luchecherivier Die Britte het hulle aandag op die dorp begin toespits danksy die reise van David Livingstone in die dekade na 1860 die eerste Europeer wat die gebied besoek het Die ontdekkingsreisiger het sendelinge van die Londense Sendinggenootskap aangespoor om te kom arbei op Niamkolo aan die meer en Fwambo en Kawimbe op die hoogland Die sendelinge het bande gehad met die African Lakes Company wat later Mbala sowel as Mpulungu gestig het Tydens die grootste deel van die 19de eeu het die gebied swaar onder slawehandel gebuk gegaan en die African Lakes Company het probeer om uit dit te wis Die euwel het die belangstelling van die Britse regering se verteenwoordiger in die gebied Harry Johnston in Njassaland genoop om in te gryp en daar is besluit om die ryksteenwoordigheid suid van die meer te versterk en te keer dat ander koloniale moondhede hier n vastrapplek kry 2 Portugal het byvoorbeeld dekades lank daarin belang gestel om sy kolonies aan die oos en weskus van Afrika Angola en Mosambiek aan een te laat skakel deur grondgebied tussen hulle te annekseer Koloniale tydperk wysigSo breek die koloniale tydperk vir Mbala in 1893 aan voor die meeste ander gebiede in wat later Noord Rhodesie sou word toe Johnston vir Hugh Marshall stuur om die amp van Britse konsul in die gebied op te neem Hy bou n goed gefortifiseerde boma op hoofman Zombe se dorpie en tree as landdros sowel as posmeester op In 1895 neem die British South Africa Company die gebied se administrasie oor doop dit Noordoos Rhodesie en noem die Zombe boma Abercorn destydse voorsitter van die maatskappy Die Britse amptenare het die plek gekies omdat die ligging dit gesond gemaak het die klimaat aangenaam is en daar volop geleenthede vir jag en hengel was Totdat die Britse Duits Oos Afrika Tanzanie as mandaatgebied in 1919 oorgeneem het was Abercorn die mees noordoostelike Britse buitepos in suidelike Afrika Tydens die Eerste Wereldoorlog het die Britse amptenare op die dorp te hore gekom van n beplande aanval deur die Duitse leer anderkant die grens onder aanvoering van genl Paul von Lettow Vorbeck wat onbewus was dat Duitsland reeds die stryd in Europa gewonne gegee het Toe die tyding hom uiteindelik bereik het hy ingestem tot n skietstaking en nege dae later 18 November 1918 op Abercorn amptelik oorgegee n Gedenkteken wys die plek sy amptelike oorgawe sowat 2 km suidwes van die middedorp Na die oorgaweseremonie moes die Duitsers hulle wapens in die nabygelee Chilameer gooi maar baie is sedertdien uitgehaal en word in die Moto Moto museum wat met Duitse befondsing opgerig is vertoon 3 Huidige stand wysigSedert sy bloeityd as koloniale dorp tydens die jare vyftig en sestig het Mbala n groot mate van agteruitgang beleef en geleenthede vir ontwikkeling misgeloop wat Kasama as provinsiale hoofstad gekry het en Mpika omdat die dorp beter pad en spoorverbindings het Hoewel Mbala se grond vrugbaar is is dit te ver van die vername afsetgebiede gelee om hond haaraf te maak met die landbou Insgelyks het dit redelike toeristepotensiaal maar is te ver van die belangrikste toeristeroetes gelee en die hoofpad daarheen te vervalle om die moontlikhede te ontgin Boonop is Mbala op geen lugroete gelee nie Die dorp het wel n hotel maar daar is geen oorde in die onmiddellike omgewing nie Die naaste is in die nasionale park Nsumba byvoobeeld die by Kasaba Bay 100 km ver Onlangse oorloe en onrus aan die oostelike en suidelike oewers Tanganjika meer het ook handel en toerisme gekniehalter maar dit blyk die vrede kan binnekort herstel word Eksterne skakels wysigFoto s van Mbala en omgewing Geargiveer 7 Desember 2009 op Wayback MachineVerwysing wysig http www world gazetteer com wg php x amp men gcis amp lng en amp des wg amp srt npan amp col abcdefghinoq amp msz 1500 amp geo 246 dooie skakel http www nrzam org uk argiefkopie Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 September 2011 Besoek op 6 Desember 2009 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Mbala amp oldid 2443561