www.wikidata.af-za.nina.az
Schwerin is die hoofstad van die Duitse deelstaat Mecklenburg Voorpommere Met n bevolking van 92 138 is dit die kleinste van Duitsland se sestien deelstaathoofstede en na Rostock die tweede grootste stad in Mecklenburg Voorpommere SchwerinKaart WapenVlag Land Duitsland Deelstaat Mecklenburg Voorpommere Koordinate 53 38 N 11 25 O 53 633 N 11 417 O 53 633 11 417 Stigting 1160 Duitse stad Stadstatus 1160 Oppervlak Totaal 130 46 vk km Hoogte bo seevlak 38 m Bevolking Totaal 31 Desember 2014 92 138 Bevolkingsdigtheid 706 vk km Tydsone UTC 1 MET Somertyd UTC 2 Burgemeester Angelika Gramkow Die Linke Amptelike Webwerf www schwerin deGeografie Wysig Die kasteel van Schwerin huisves tans die parlement van Mecklenburg VoorpommereSchwerin le in n meregebied in die weste van die deelstaat Mecklenburg Voorpommere aan die suidwestelike oewer van die Schwerinse Meer Duits Schweriner See Die stadsgebied word deur uitgestrekte bosgebiede omring en beslaan naas die Schwerinse Meer n aantal ander mere soos die Heidensee Ziegelsee Medeweger See Lankower See Ostorfer See Fauler See Neumuhler See Burgsee Pfaffenteich Grimkesee en Grosse Karausche Die bewoners noem hulle stad dikwels die stad van sewe mere en sewe woude wat tans as n misleidende verwysing beskou kan word Dit gaan terug op n tyd toe Schwerin nog n baie kleiner gebied beslaan het en slegs van sewe mere en uitgestrekte woude omring was Met die uitbreiding van die stadsgebied het baie bosgebiede verlore gegaan Nogtans is 18 5 persent van Schwerin se huidige oppervlakte van 130 vierkante kilometer met woude bedek en 28 9 persent word deur mere beslaan en dis veral water en woude wat n besonderse karakter aan Schwerin gee Die hoogte bo seevlak wissel van 38 meter vlakby die Schwerinse See tot 86 1 meter in die stadsbuurt Neumuhle Die grootste stede in die omgewing is Lubeck sowat 54 kilometer noordwes van Schwerin en Hamburg 94 kilometer wes van Schwerin Klimaat Wysig Schwerin word deur n gematigde klimaat gekenmerk Vanwee die gure noordoostelike winde is temperature gedurende lentetyd laer as in Noordwes Duitsland maar danksy die invloed van die nabygelee Oossee of Baltiese See ervaar mens hier nie die somerhitte nie en geniet ook warmer temperature in die herfs Die gemiddelde jaarlikse temperatuur in Schwerin is 8 4 C die verskil tussen die gemiddeldes van die warmste en die koudste maand beloop 17 2 C Die gemiddelde jaarlikse neerslag was in die periode tussen 1961 en 1990 621 millimeter Geskiedenis WysigDie eerste verwysings na Schwerin dateer uit die jare 1012 1018 Zuarina en 1170 Zuerin Zwerin afgelei van Polabies zveŕ letterlik wilde dier die agtervoegsel in of zveŕin wildpark dieretuin stoetery Schwerin se naam gaan moontlik ook terug op die Slawiese god Svarog sodat Swarzyn letterlik Plek van Svarog sou beteken Die Pfaffenteich met die katedraal van Schwerin tans n Protestantse kerk Die Duitse stad is in 1160 deur die Welfe hertog Hendrik die Leeu gestig In 1167 het dit die setel van n graafskap onder graaf Gunzelin von Hagen geword en is in 1358 na die uitsterwe van die huis Gunzelin aan die hertogdom Mecklenburg oorgedra Schwerin was vanaf die 15de eeu die setel van die hertogdom Mecklenburg Schwerin wat in 1918 ontbind is In die periode tussen 1763 en 1837 het egter Ludwigslust as die setel van die hertoe gedien Na 1918 het Schwerin as die hoofstad van die Vrystaat Mecklenburg Schwerin en sedert die einde van die Tweede Wereldoorlog as die administratiewe sentrum van die deelstaat Mecklenburg gedien die westelike gedeelte van Pommeren is destyds reeds by Mecklenburg ingesluit Na die ontbinding van die deelstate van die Duitse Demokratiese Republiek DDR in 1952 het Schwerin as die hoofstad van die distrik Schwerin gefungeer Met die Duitse hereniging en die herskepping van deelstate in die gebied van die vroeere DDR in 1990 het Schwerin weer as hoofstad van die nuwe deelstaat Mecklenburg Voorpommere gedien Na die Duitse hereniging is die historiese stadskern saam met ander stadsbuurte vanaf 1991 omvattend gerestoureer Daarnaas word ook die woonstelblokke wat uit die DDR tydperk dateer tans opgeknap Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Schwerin amp oldid 2411569