www.wikidata.af-za.nina.az
Die Polikarpof I 16 was n Russiese vegvliegtuig wat ook in die Tweede Wereldoorlog diens gedoen het Dit was die wereld se eerste laevlerk vryhangendebalktipe ontwerp met intrekbare wiele vir n vliegtuig Die romp was van hout gemaak Die prototipe het sy nooiensvlug op 31 Desember 1933 voltooi Met sy topspoed wat 123 km h vinniger was as die van sy mededingers was dit een van die beste vegvliegtuie van sy tyd Produksie vir die vliegtuig is eers in 1939 gestaak Polikarpof I 16Polikarpof I 16Tipe VegvliegtuigVervaardiger PolikarpofNooiensvlug 31 Desember 1933Bekendstelling Mei 1934Status OnttrekAantal gebou 8 644Dit was eers tydens die Spaanse Burgeroorlog dat die Westerse wereld kennis van die vliegtuig geneem het Die Spaanse Republikeine het vanaf Oktober 1935 altesaam 278 Polikarpofs ontvang Hispano Suiza het die vliegtuig onder lisensie vir die Republikeine vervaardig terwyl ander na vredesluiting deur die Francoregering gebruik is Baie van die Polikarpofs wat gebruik is is deur vrywillige Russiese vlieeniers beman Vanaf 1937 is die Polikarpof I 16 deur China teen die Japannese gebruik In 1939 was hulle in hewige luggevegte betrokke met die Japannese op die grens van Mantsjoerye Hulle is ook gebruik deur die Russiesse Lugmag tydens die Winteroorlog met Finland Toe Duitsland vir Rusland binneval het was die Polikarpof I 16 verouderd Ten spyte van groot verliese het die Russe tot in 1941 met die vliegtuig bly veg Sommige vlieeniers het uit desperaatheid doelbewus teen Duitse vliegtuie gebots Die vliegtuig is eers in 1943 uit diens onttrek Tegniese besonderhede wysigBesonderhede van die Polikarpof I 16 Tipe 24 Item StatistiekAantal motors 1Tipe motor SkroefVervaardiger M 62 stermotorKraglewering per motor 1 000 perdekragVlerkspan 8 88 mLengte 6 04 mHoogte 2 41 mVlerkoppervlakte 14 87 m2Maksimum opstygmassa 2 060 kgMaksimum snelheid 490 km hOperasionele hoogte 9 470 mTogafstand 600 kmKlimvermoe 850 m per minuutBewapening Vier 7 62 mm masjiengewere waarvan twee in die neusen twee in die vlerke Sien ook wysigLys van vegvliegtuieBron wysigCrosby Francis THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS amp BOMBERS 2015 ISBN 978 1 84476 917 9 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Polikarpof I 16 amp oldid 1992522