www.wikidata.af-za.nina.az
Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoe gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak en verwyder hierdie kennisgewing na die tyd Vir meer hulp sien die redigeringshulp Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word Misdaadsosiale probleemSubklas vanAanstootOorsaakanti sosiale gedragManifestasie vankriminaliteitBeoefen deurmisdadiger residivisHandled mitigated or managed bycrime control crime preventionWordLift URLhttps data wordlift io wl76541 entity criminal n Misdaad is n handeling wat n politieke of morele wet oortree Inhoud 1 Wat is misdaad 2 Natuurlike wet teorie van misdaad 3 Malum in Se en Malum Prohibitum 4 Tipe misdade 5 Sien ook 6 Verwysings 7 Eksterne skakelsWat is misdaad Wysig n Misdaad kan die oortreding van die wet wees Volgens Westerse regsleer moet daar n gesamentlike sameloop van beide actus reus skuldige handeling en mens rea skuldige gewete wees vir n misdaad om gepleeg te geword het behalwe in die geval van streng aanspreeklikheid As n vereiste vir vervolging verg sekere wette n bewys van n oorsaaklike verband tussen die beskuldigde se handelinge en die kriminele oortreding onder oorweging Verder vereis sekere wette dat aanleidende omstandighede moes plaasgevind het vir n misdaad om gepleeg te gewees het Verder vir n misdaad om vervolg te kan word moet corpus delicti of bewys van n misdaad vasgestel word Die oortreding van die wet kan ook die voorneme wees om die wet te oortree of om ander in die proses te ondersteun in sommige stelsels kan die eenvoudige asssosiasie vir die organisering van n misdaad gestraf word selfs as die feit nie bevestig is nie en vir baie misdade word die poging daartoe ook gestraf selfs al is die misdaad nie deurgevoer nie in Kalifornie kan die straf daarvoor soveel as die helfte wees as vir die misdaad self 1 Misdaad word beskou as oortredings teenoor die gemeenskap en word as sulks deur die staat gestraf Hulle kan skolasties onderskei word afhangende van die passiewe teiken van die misdaad die slagoffer of teenoor die geskende belange as misdade teen die persoonlikheid van die Staat die regte van n burger die openbare administrasie die toepassing van geregtigheid die godsdienstige sentiment en die respek vir die dood die openbare orde die openbare vertroue die openbare Ekonomie nywerheid en handel die openbare sedes die persoon en sy eer die erfenisMisdade kon andersins ook onderskei word na aanleiding van verwante strawwe en dan op die graad van oortreding wat die verbode gedrag veroorsaak het vergrype en oortredings Oor die algemeen vereis die definisie van n misdaad in die meeste westerse stelsels die voorneme voluntas necandi van die oortreder om dit te doen daarom word dit gewoonlik nie bestraf wanneer die voorneme nie teenwoordig is nie of wanneer die oortreder nie by sy volle verstand of onder n sekere ouderdom is nie In baie stelsels is die strafregtelike aanspreeklikheid persoonlik en word terrugwerkende strafreg verbied en kan niemand vervolg word vir n misdaad waar die strafreg nie die misdaad as sulks ten tye van die oortreding beskryf het nie Die definisie van n misdaad weerspieel die teenswoordigende heersende houdings in n samelewing Die besit van dwelms was byvoorbeeld nie altyd n misdaad nie en tydens die drankverbod era in die V S A was alkohol onwettig Aangeleenthede met betrekking tot kriminele gedrag in n samelewing word bestudeer in die veld van sosiologie en die onderafdeling van kriminologie en persone wat die vakgebied bestudeer word kriminoloee genoem Die geestestoestand en helderheid van gees word deur sielkundiges bepaal veral in sake waar n kranksinnigheidsverweer gebruik word Die eerste beskawings het regskodes gehad al was dit nie altyd opgeteken nie Die vroegste bekende geskrewe kodes is geskryf deur die antieke Sumeritane en dit was waarskynlik hul koning Ur Nammu wat in Ur in die 21ste eeu vC geregeer het die eerste wetgewer van wie ons n formele stelsel van 32 artikels ontvang het In Babilon is die regskode van Esnunna eerste en daarna die Kode van Hammurabi een van die rykstes van antieke tye gebruik en het daardie samelewing se geloof weerspieel dat die wet van die gode se wil afgelei is Soortgelyk is daar gedragskodes van godsdienstige oorsprong ingesluit in strafregtelike kodes wat tot onlangs toe nog in baie teokratiese state tot werklike misdade gely het Natuurlike wet teorie van misdaad Wysig n Alternatiewe siening van misdaad word uit die natuurlike wet teorie afgelei Volgens hierdie oogpunt is n misdaad die miskenning van indiwiduele regte Aangesien regte as natuurlik eerder as mensgemaak beskou word word die klassifisering van wat n misdaad verteenwoordig ook as n natuurlike gegewe beskou Adam Smith het hierdie oogpunt geillustreer deur die voorbeeld van n smokkelaar n voortreflike burger sou wees as die wette van sy land n misdaad maak van iets wat die natuur nooit so bedoel het nie Natuurlike wet teorie onderskei dus tussen kriminalitet en onwettigheid waar die eersgenoemde spruit uit die menslike natuur en die laasgenoemde spruit uit die belange van diegene wat die magsposisies beklee Die twee begrippe word soms uitgedruk deur die frases malum in se en malum prohibitum Hierdie standpunt lei tot die oenskynlike teenstrydigheid dat n handeling wat onwettig is nie noodwendig n misdaad is nie terwyl n misdadige handeling selfs wettig kan wees Baie verligte denkers soos Adam Smith en sy tydgenote het tot n mate steun verleen aan hierdie siening en dit bly n invloedryke beginsel onder die sogenaamde klassieke liberale en libertyne Malum in Se en Malum Prohibitum Wysig n Misdaad wat malum in se gepleeg is word as inherent krimineel beskou terwyl n misdaad wat malum prohibitum gepleeg is slegs as krimineel beskou word omdat die wet dit so bepaal Tipe misdade WysigMisdade kan verdeel word in verskeie oorvleuelende kategoriee rekenaarmisdaad misdade teen persone misdaad teenoor eiendom misdaad teen die staatsveiligheid dwelmoortredings seksuele oortredings en wapenoortredings Misdade word ook gegroepeer volgens die graad van ernstigheid sommige algemene kategoriee is misdrywe strafbare oortredings skendings n Gepoogde oortreding is n beplande of beoogde misdaad wat die oortreder nie kon deurvoer voor sy arrestasie nie brandstigting aanranding teistering afpersing inbraak kannibalisme voertuigdiefstal onsedelike aanranding van minderjariges geldverduistering sameswering kriminele dreigement huislik geweld besit van dwelms verduistering spioenasie afdreiging vervalsing bedrog volksmoord grafskending identiteitsdiefstal onwettige dobbelary ontvoering diefstal laster plundery swatting strafbare manslag moord meineed prostitusie verkragting roof naamskending smokkelary agtervolging belastingontduiking verraad onwettige betreding onwettige woekerhandel vandalisme onwettige wapenbesit Ponzi skemaSien ook Wysigdoodstraf polisie tronkVerwysings Wysig http caselaw lp findlaw com cacodes pen 654 678 htmlEksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Misdaad Sien misdaad in Wiktionary die vrye woordeboek Wikinews bevat nuus in verband met Misdaad Crime incidence by country Geargiveer 14 April 2005 op Wayback Machine Directory of crime Geargiveer 8 Maart 2005 op Wayback Machine Suid Afrikaanse Polisiediens se webwerf Suid Afrikaanse misdaadforum aangedryf deur Mediawiki sagteware Geargiveer 4 Maart 2016 op Wayback Machine Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Misdaad amp oldid 2521153