www.wikidata.af-za.nina.az
Huis van MonacoDie Huis van Grimaldi is betrokke by die geskiedenis van die Prinsdom van Monaco en die Republiek van Genua Wapen van die Huis van Grimaldi Land MonacoStigter Grimaldo CanellaGestig in 1160Heerser Albert IITitels Regerende Prins van Monaco Konsul van GenuaVoorganger Rainier IIIVermoedelike opvolger Prinses Caroline Inhoud 1 Geskiedenis 2 Die Grimaldi familie 3 Lys van Grimaldi s 4 Verdere leesstof 5 Eksterne skakels 6 VerwysingsGeskiedenis WysigDie Grimaldi familie stam af van Grimaldo Canella n Genuese staatsman in die tyd van die eerste Kruistogte Hy was die seun van Otto Canella n Konsul van Genua in 1133 en hy het op sy beurt in 1160 1170 en weer in 1184 konsul geword Sy talle kleinseuns en hul kinders het see ekspedisies gelei oral om die Mediterreense See die Swartsee en die Noordsee en hulle het gou een van die magtigste families in Genua geword Die Grimaldi s was bang dat n mededingende familie Genua sou oorneem en was in verskeie gevegte betrokke om die mag te behou Van 1299 af het hulle verskeie bondgenootskappe aangegaan Die kasteel van Monaco was ideaal gelee om politieke en militere aanvalle teen Genua te loods In 1395 het die Grimaldi s die onrus in Genua gebruik om Monaco oor te neem wat hulle toe as n kondominium of gemeeskaplike soewereiniteit regeer het Dit is die oorsprong van die huidige prinsdom Tot 2002 het n verdrag tussen Monaco en Frankryk bepaal dat as die Grimaldi familie nie n manlike heerser voortbring nie die soewereiniteit van die gebied na Frankryk sal teruggaan Die 2002 ooreenkoms maak egter voorsiening vir n regentskap en voortgesette Monegaskiese soewereiniteit in so n geval Die Grimaldi familie Wysig Die Paleis van Monaco Die huidige familie stam almal af van Louis II van Monaco en het wereldwyd bekend geraak danksy Rainier III se huwelik met die Amerikaanse aktrise Grace Kelly Monaco is een van net drie state in Europa waar die monarg steeds n aktiewe rol in die alledaagse politiek speel Die ander twee is Liechtenstein en die Vatikaanstad Die Monegaskiese prins oefen sy mag uit in ooreenstemming met die grondwet en wette Hy verteenwoordig die land in alle buitelandse betrekkinge en enige verandering aan die grondwet moet deur hom en die Nasionale Raad goedgekeur word Wetgewende gesag is verdeel tussen die prins en die Nasionale Raad en die uitvoerende gesag is in die prins se hande Die prins het ook volle gesag in die howe wat in sy naam uitspraak gee Albert II verleen ook amnestie en Monegaskiese burgerskap en gee ordes titels en ander range van eer Lys van Grimaldi s WysigVan die belangrikste lede van die Grimaldi familie Grimaldo Canella Konsul van Genua stigter van die Huis van Grimaldi Hubert Grimaldi eerste persoon met die vadersnaam Grimaldi Rainier I lord van Cagnes admiraal van Frankryk Augustin aartsbiskop Nicolas Grimaldi Prins van Salerno Louis I prins van Monaco ambassadeur van Lodewyk IV Honore II Prins van Monaco 1597 1662 Jacques Francois Leonor Grimaldi Prins van Monaco Honore III Prins van Monaco 1720 1795 Honore IV Prins van Monaco 1758 1819 Honore V Prins van Monaco 1778 1841 Florestan I Prins van Monaco 1785 1856 Charles III Prins van Monaco 1818 1889 Albert I Prins van Monaco Albert Honore Charles Grimaldi Louis II Prins van Monaco Louis Honore Charles Antoine Grimaldi Rainier III Prins van Monaco Rainier Louis Henri Maxence Bertrand Grimaldi Albert II Prins van Monaco huidige heerser en oudste seun van prins Rainier III en sy vrou prinses Grace Caroline Prinses van Hannover oudste suster van prins Albert en sy vermoedelike opvolger Prinses Stephanie van Monaco jongste suster van prins Albert Prinses Antoinette Barones van Massy oudste suster van prins Rainier Andrea Casiraghi oudste seun van prinses Caroline en haar tweede man Stefano Casiraghi Pierre Casiraghi jongste seun van prinses Caroline en haar tweede man Stefano Casiraghi Charlotte Casiraghi dogter van prinses Caroline en haar tweede man Stefano Casiraghi Prinses Alexandra van Hannover dogter van prinses Caroline en haar derde man Ernst August V Prins van Hannover Ernst August V Prins van Hannover derde en huidige man van prinses Caroline Louis Ducruet seun van prinses Stephanie en Daniel Ducruet Pauline Ducruet dogter van prinses Stephanie en Daniel Ducruet Verdere leesstof WysigEdwards Anne The Grimaldis of Monaco William Morrow 1992 Maclaga Michael and Louda Jiri LINES OF SUCCESSION Heraldry of the Royal Families of Europe MacDonald amp Co 1981 Little Brown amp Co 1999 Time Warner Books UK 2002 ISBN 0 7607 3287 6Eksterne skakels WysigDie Huis van Grimaldi geskiedenis en stamboom Grimaldi stamboomVerwysings WysigHierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia artikels en House of Grimaldi en en Monegasque Princely Family Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Huis van Grimaldi amp oldid 2236788