www.wikidata.af-za.nina.az
n Habitat beskryf die plek waar diere en plante lewe Verskillende tipes diere en plante kan dieselfde habitat deel In so n geval word dit n biotoop genoem n Habitat kan ook n ekostelsel of n bioom genoem word Ekostelsels ontstaan wanneer verskeie lewende en nie lewende dinge in n habitat saamwerk n Habitat is ook bekend as n woonplek n Wildevark in sy natuurlike habitat Hierdie spesie is gebruik vir die makmaking van varke Dit maak sin dat n bepaalde samestelling van diere en plante in dieselfde habitat leef Sekere voedsel en omgewingsfaktore lok n kombinasie van insekte voels en ander diere na n gedeelde gebied Die samestelling begin dus met n aanbod van sekere plante en kombinasies plantvreters soos bokke hase en ander herbivore wat daarvan leef en uiteindelik dalk self die slagoffers van roofdiere karnivore kan word Inhoud 1 Habitatvoorkeure 2 Territoriale gedrag 3 Habitatbewaring 4 BronneHabitatvoorkeure WysigPlante en diere het sekere voorkeure vir n habitat waarin hulle kan leef en gedy Die poolgebiede met hul unieke samestelling van lewe sien daar heeltemal anders uit as die woude van Suid Amerika Die seelewe plante en diere in verskeie oseane verskil aansienlik van die plante visse en ander diere byvoorbeeld krokodille en bewers in n varswaterhabitat Verskeie voorbeelde van habitatvoorkeure en gepaardgaande optrede kan genoem word Termiete wat in n kolonie van tot 30 miljoen in n enkele groot miershoop kan leef verkies grasvlaktes of ander gebiede wat voldoende voedsel bied Hulle is die prooi van verskeie voelsoorte en ander diersoorte soos miervreters Bye sal nie kan oorleef in n omgewing waar die aanbod van stuifmeel te klein is nie Gevolglik sal hulle instinktief na n habitat met beter bronne verskuif Dit is bekend dat bye hul omgewing deeglik verken en aan ander verslag doen oor waar stuifmeel gevind kan word Hulle doen n stertswaaiende dans wat in n figuur van n agt by die nes uitgevoer word Die rigting waarin hulle hul stert waai dui op die rigting van die stuifmeelbron Die spoed waarmee die danser sy passies uitvoer gee n aanduiding van hoe ver die voedsel is Sommige bokspesies soos die blouwildebees en rooihartebees kan groot afstande na n nuwe habitat trek Veral droogtes dwing hulle na gebiede waar meer reen en voedsel voorkom Visse volg seestrome na n nuwe habitat wat aan hulle genoeg kos plankton kan bied wanneer die aanbod in hul omgewing uitgeput word Die ouer olifantkoeie in n trop veral die leierkoeie leer die jonges om water te vind in droogtetye Die aangeleerde gedrag verseker dat n trop nie maklik van dors sal doodgaan nie en betyds na n ander omgewing sal verskuif Sommige voelsoorte soos swaels verander hul habitat na gelang van die seisoen Dit beteken dat hulle in die koue winter van die Noordelike Halfrond na die warm somer van die Suidelike Halfrond migreer waar hulle makliker kan oorleef en n groter aanbod van voedsel het Verander die seisoen keer hulle weer terug na die warm Noordelike Halfrond Verskeie insekte soos sekere vlieende miersoorte sprinkane en skoenlappers verander ook na n ander habitat waar meer kos beskikbaar is of om te broei Sekere skoenlappers kan in swerms tot n paar duisend kilometer vlieg Dit is verstaanbaar dat die oppervlakte waarop diere in verskillende habitatte leef baie kan verskil So oorleef die hiena in sowat 1 000 vierkante kilometer in die droe Kalahari maar het slegs 150 vierkante kilometer in die Krugerwildtuin nodig n Tier kan in n gebied van 130 vierkante kilometer bly maar die padda in n enkele poel Bobbejane kan enigiets tussen 2 km en 14 km per dag trek om kos en water te soek indien nie genoeg naby hul blyplek beskikbaar is nie Hulle doen dit uitsluitlik in die dag wanneer dit lig genoeg is en hulle verlaat nooit hul habitat na sononder nie Territoriale gedrag WysigDit val op hoe vasbeslote groepe diere en selfs individue van dieselfde spesie hul blyplek kan verdedig Die territoriale gebieds gedrag lei meestal tot konfrontasies en selfs gevegte om indringers te verdryf Visse is n goeie voorbeeld n Manlike vis swem bo sy blyplek en n ander vis van dieselfde spesie wat oortree word met n klap van sy vin en stert verjaag Kom die oortreder terug of die aggressiewe vis oortree op sy beurt op die ander een se gebied kan hulle mekaar sekondes lank bewegingloos in die oe kyk oor n onsigbare grens Totdat die oortreder die aftog blaas Bobbejane is daarvoor bekend dat hulle verdraagsaam met mekaar is Sekere groepe waaronder die blouaap op die Afrika grasvlakte pas hul gebied egter met aggressie op wanneer ander bobbejaantroppe oortree Die verdedigende formasie van sekere diere om hulle teen roofdiere te beskerm soos buffels en veral muskusbeeste is goed bekend Hulle vorm n sirkel van verskeie diere horings na buite en agterkante binne wat doeltreffende groepverdediging teen n vyand moontlik maak n Kolonie termiete het sy eie soldate met beter ontwikkelde monddele om hul habitat te verdedig Soos bye en miere skei termiete chemiese stowwe in die lug af wat die hele kolonie n eenvormige eenheid maak om die oortreder te verdryf n Groep bye kan selfs tot n mens of dier se dood lei Renosters gebruik urine om hul omgewing te merk Territoriale gedrag is vir die meeste diere n doeltreffende wapen om ongewenstes te verdryf Diere het respek vir gebiedsgrense en voel baie onseker weg van hul eie gebied Die bewaring van n spesie of groep spesies is eers suksesvol as hul habitat ook doeltreffend bewaar word Muskusbeeste se sirkelformasie om hulle teen roofdiere te verdedig is n goeie voorbeeld van gebiedsgedrag Habitatbewaring WysigMense vernietig meermale diere se natuurlike habitat deur besoedeling ontbossing brande stedelike ontwikkeling jag en ander optrede Daarom is daar individue en bewaringsgroepe wat hulle vir die bewaring van dierehabitatte en die aktiewe bestuur van natuurlewe beywer Programme om Suid Afrika se soogdiere en ander spesies te bewaar is nou verbind met habitatbewaring Die bewaring van n spesie of groep spesies is eers suksesvol as hul habitat ook doeltreffend bewaar word Bronne WysigBateman Graham The Illustrated Encyclopedia of the Animal Kingdom Andromeda Oxford 1991 ISBN 1 871869 10 2 Branson Andrew The Illustrated Encyclopedia of How Animals Live Andromeda Oxford 1993 ISBN 1 871869 13 7 Geiser Franz amp Hans Dossenbach Survival in the Animal World Orbis 1985 ISBN 0 85613 886 X Gerber Attie Bogom Lapa 2004 ISBN 0 7993 3316 6 Smith Laurie Hoe verklaar u dit Deel 3 Ekogilde 1997 ISBN 0 9583889 9 3 Stuart Chris amp Stuart Tilde Veldgids tot die soogdiere van Suider Afrika Struik 1995 ISBN 1 86825 520 4 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Habitat amp oldid 2367239