www.wikidata.af-za.nina.az
Gore VidalAmerikaanse skrywer en essayis Gebore 3 Oktober 1925 in West Point New York Verenigde State Oorlede 31 Julie 2012 in Hollywood Hills Kalifornie Verenigde State Pen name Edgar Box Cameron Kay Katherine Everard Literere stromingPostmodernisme Lewensmaat Howard Austen Eugene Luther Gore Vidal ˌɡɔr vɨˈdɑːl was n Amerikaanse skrywer wat met sy essays romans draaiboeke en Broadway toneelstukke bekendheid verwerf het Hy het daarnaas bekend gestaan vir sy patrisiese ingesteldheid sy Transatlantiese aksent en sy geestige aforismes Vidal is n gesin gebore wat uitstaande politici opgelewer het Sy grootvader Thomas Gore het die amp van senator beklee en hy het later deur huwelik aan Jacqueline Kennedy verwant geword Vidal het twee keer vir politieke ampte kandidaat gestaan en het as politieke kritikus oor n lang tydperk kommentaar op politieke gebeure gelewer Hy het as aanhanger van die Demokratiese Party sy lewe lank n isolasionistiese houding ingeneem Vidal wat sowel met sy essays asook sy romans bekendheid verwerf het het daarnaas ook bydraes vir The Nation die New York Review of Books en Esquire gelewer Met sy essays en media optredes het Vidal oor n lang tydperk kritiese kommentaar op die Amerikaanse buitelandse beleid gelewer Daarnaas het hy die Verenigde State sedert die 1980 s as n vervallende ryk beskryf Sy twiste met bekende persoonlikhede soos Norman Mailer William F Buckley Jr en Truman Capote het wye aandag in die media geniet Vidal se romans val in twee hoofkategoriee maatskaplike en geskiedkundige tematiek Sy bekendste roman met n maatskaplike fokus was Myra Breckinridge sy bekendste historiese romans sluit Julian Burr en Lincoln in Sy derde roman The City and the Pillar het na sy verskyning in 1948 behoudende kritici uitgedaag as die eerste beduidende werk in die Amerikaanse literatuur waarin homoseksualiteit onbeskaamd behandel is Vidal het die kategorisering van seksuele identiteite as homoseksueel en heteroseksueel steeds as inherent vals verwerp en daarna verwys dat die oorgrote meerderheid individue die potensiaal het om panseksueel te wees Toe Vidal in 2012 oorlede is was hy die laaste van n generasie Amerikaanse skrywers wat gedurende die Tweede Wereldoorlog as soldate gedien het waaronder J D Salinger Kurt Vonnegut Norman Mailer en Joseph Heller Hy word moontlik veral vir sy bytende opmerkings en sarkastiese humeur onthou So het hy na homself as n gentleman bitch verwys en is as die 20ste eeu se antwoord op Oscar Wilde beskryf 1 Verwysings Wysig Gore Vidal Obituary Channel 4 News 1 Augustus 2012Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Gore Vidal Amptelike webtuiste van Gore Vidal Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Gore Vidal amp oldid 1953320