www.wikidata.af-za.nina.az
Charimkotan Russies Harimkotan Japannees 春牟古丹島 Harimukotan tō of Harumukotan tō of Karinkotan tō is n onbewoonde vulkaniese eiland naby die noordelike eindpunt van die Koerile argipel in die See van Ochotsk noordwestelike Stille Oseaan CharimkotanEiland van die KoerileWinter op Charimkotan Ligging See van OchotskPlaaslike naam Harimkotan 春牟古丹島Argipel KoerileOppervlakte 68 km2Lengte 12 kmBreedte 8 kmHoogste punt Pik SewerginHoogte 1 145 mLand RuslandDeelgebied Sachalin oblastBevolking 0 Charimkotan onder met Makanroesji links bo en Onekotan in die middel Die eiland val in die Sachalin oblast van Rusland Die naam kom van die inheemse taal Ainoe en beteken plek van baie cardiocrinums Charimkotan is rofweg ovaal en het n oppervlakte van 68 km2 1 Die eiland se landskap is taamlik uiteenlopend maar n groot deel is bedek met n fyn geel as wat soos woestynduine lyk Aan die noordwestelike kaap is die ruines van n Ainoedorpie en aan die noordekant aan die kus van Sewerginbaai is die ou nedersetting Sewerino Charimkotan word deur die Sesde Straat van die Koerile van Onekotan geskei wat 15 km noordoos le en deur die Straat van Sewergin van Sjiasjkotan 29 km suidwes daarvan Daar is geen gerieflike ankerplekke nie Die eiland bestaan uit n rustende stratovulkaan Pik Sewergin Russies vlk Severgina Japannees 春牟古丹岳 Harikotan dake wat 1 157 m bo die seevlak uitrys Die laaste vulkaanuitbarsting was in 1933 toe as tot by Paramoesjir getrek het Die ineenstorting van die vulkaan se keel het n puinstorting veroorsaak dit het weer n tsoenami tot gevolg gehad wat twee mense op Pamamoesjir se dood veroorsaak het Verwysings wysig International Kuril Island Project IKIP University of Washington Fish Collection or the respective authors Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2013 07 23 Besoek op 2010 05 23 Skakels wysig nbsp Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Charimkotan nbsp Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Charimkotan amp oldid 2460806