www.wikidata.af-za.nina.az
Die Universiteit van die Witwatersrand is n Suid Afrikaanse multikampus openbare navorsingsuniversiteit gelee in die noordelike gebiede van die Johannesburgse middestad Dit is algemeen bekend as net Wits 1 Dit is die derde oudste Suid Afrikaanse universiteit in deurlopende operasie na die Universiteit van Kaapstad gestig in 1829 2 en die Universiteit Stellenbosch gestig in 1866 3 Universiteit van die WitwatersrandUniversity of the WitwatersrandDie oos kampus uit die noorde gesien met die Senaathuis in die agtergrondMotto Scientia et LaboreMotto in Afrikaans Deur kennis en arbeidGestig 1896Tipe Openbare universiteitKanselier Dr Judy DlaminiVise Kanselier Prof Adam HabibFakulteite 15Personeel 1 294Studente 27 934Voorgraadse studente 18 911Nagraadse studente 9 023Ligging Johannesburg Gauteng Suid Afrika Koordinate 26 11 27 S 28 1 49 O 26 19083 S 28 03028 O 26 19083 28 03028Kampus 2 stedelike en 3 voorstedelike kampusseVoormalige name Suid Afrikaanse Skool vir Mynbou 1896 1904 Transvaalse Tegniese Intsituut 1904 1096 Transvaalse Universiteitskollege 1906 1910 Suid Afrikaanse Skool vir Mynbou en Tegnologie 1910 1920 Johannesburgse Universiteitskollege 1920 1922 Kleure Blou goud Bynaam WitsGelukbringer Kudos KuduAffiliasies AAU ACU FOTIM HESA IAUWebtuiste http www wits ac za Die Groot Saal op die ooskampus waar gradeplegtigheids seremonies seremoniele lesings konserte en ander funksies gehou word Dit was tradisioneel die grootste residensiele Engelsmediumuniversiteit in die land toe daar nog n duidelike verdeling tussen Afrikaanse en Engelse universiteite was Die Wet op Uitbreiding van Universiteitsopleiding van 1959 het die registrasie van swart studente beperk maar ten spyte daarvan het n paar swart studente steeds aan die universiteit gegradueer Die universiteit het sy oorsprong gehad in die South African School of Mines wat in 1896 in Kimberley gestig is om te voorsien in die behoefte van die vinnigontwikkelende mynbedryf na die ontdekking van eers diamante en toe goud Dit is in 1903 na Johannesburg verplaas as die Transvaal Technical Institute en in 1906 herdoop tot die Transvaalse Universiteitskollege wat uiteindelik ontwikkel het in die Universiteit van Pretoria na afsonderlike klasse daar in 1910 begin het in n afsonderlike instelling wat die naam Transvaalse Universiteitskollege geerf het Op 20 September 1920 word die naam South African School of Mines and Technology verander na die University College Johannesburg In 1921 het die Parlement n wet deurgevoer ingevolge waarvan die kollege met ingang 1 Maart 1922 n universiteit met sy huidige naam geword het Aanvanklik was daar fakulteite van lettere wetenskap geneeskunde insluitende tandheelkunde handel ingenieurswese en regte Die eerste kanselier was sy koninklike hoogheid prins Arthur van Connaught goewerneur generaal van die Unie van Suid Afrika en die eerste rektor was die 28 jarige prof Jannie Hofmeyr Die kanselier is op die oomblik Dikgang Moseneke adjunk hoofregter van die Grondwethof van Suid Afrika en die rektor is Adam Habib Die universiteit se sokkerspan Wits University FC speel tans in die Premier Sokkerliga Inhoud 1 Fakulteite 2 Bekende oud Witsies 3 Sien ook 4 Verwysings 5 Bronne 6 Eksterne skakelsFakulteite WysigFakulteit Handel Regsgeleerdheid en Bestuur Commerce Law and Management Fakulteit Ingenieurswese en die Bou omgewing Engineering and the Built Environment Fakulteit Gesondheidswetenskappe Health Sciences Fakulteit Geesteswetenskappe Humanities Fakulteit Wetenskap Science Bekende oud Witsies WysigAaron Klug 1982 Nobelprys vir Chemie Nadine Gordimer 1991 Nobelprys vir Letterkunde Nelson Mandela wat lesings by die universiteit bygewoon het maar nie aan die universiteit gegradueer het nie Sydney Brenner 2002 Nobelprys vir Fisiologie van GeneeskundeSien ook WysigLys van universiteite in Suid AfrikaVerwysings Wysig University World News South Africa New university clusters emerge besoek op 13 Desember 2011 University of Cape Town Geargiveer 25 Desember 2011 op Wayback Machine Welcome to UCT besoek op 13 Desember 2011 Stellenbosch University Geargiveer 31 Januarie 2012 op Wayback Machine Historiese agtergrond besoek op 13 Desember 2011Bronne WysigHolloway J E Official Year Book of the Union and of Basutoland Bechuanaland Protectorate and Swaziland No 7 1924 Unie Kantoor van Sensus en Statistiek Pretoria 1925 Schirmer Peter Die beknopte geillustreerde ensiklopedie van Suid Afrika Sentrale Nuusagentskap Johannesburg 1981 The history of the University of the Witwatersrand Lantern Tydskrif vir Volksopvoeding Jaargang 3 no 1 Junie Augustus 1953 Eksterne skakels Wysig en Amptelike webwerf Geargiveer 12 April 2007 op Wayback Machine en Geskiedenis Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Universiteit van die Witwatersrand amp oldid 2556281