www.wikidata.af-za.nina.az
Paschalis III 1 2 gebore Guido van Crema was die tweede teenpous teenoor Pous Alexander III in die Rooms Katolieke Kerk Teenpous Paschalis IIIGeboortenaam Guido van CremaGeboorteplek CremaGeboortedatum ongeveer 1110Sterfdatum 20 September 1168Sterfplek RomeTeenpous van Pous Alexander IIIBegin van pontifikaat 22 April 1164Einde van pontifikaat 20 September 1168 Inhoud 1 Biografie 1 1 Die kollege van kardinale 1 1 1 Kardinaal biskop 1 1 2 Kardinaal priester 1 1 3 Kardinaal diaken 2 VerwysingsBiografie WysigGuido van Crema 3 se vroee loopbaan is onbekend Sy oom Giovanni van Crema was n kardinaal van 1117 tot 1135 Guido word kardinaal diaken van San Eustasio by Rome in 1150 maar kies later vir die titel van Santa Maria in Trastevere In 1159 onderwerp hy hom aan Pous Victor IV Hy reel sinodes in Engeland en Duitsland ten gunste van Victor Na die dood van Victor kom sy aanhangers saam in Wurzburg Duitsland Reinald van Dassel aartsbiskop van Keulen en aartskanselier van Italie in diens van keiser Frederik I Barbarossa dring daarop aan dat Guido verkies word Guido word ook daadwerklik verkies en neem die naam Paschalis III aan Op 26 April 1164 word hy gekroon deur Hendrik van Leyen biskop van Luik ook n trou aanhanger van keiser Frederik Tydens sy pontifikaat behou Paschalis die mag in Rome en Pous Alexander III moes in ballingskap in Frankryk bly Paschalis stel 8 kardinale aan en op versoek van keiser Frederik verklaar hy Karel die Grote heilig op 29 Desember 1165 By die geleentheid is die sarkofaag van Karel oopgemaak en sy stoflik oorskot in n reliekskryn geplaas In 1167 kroon Paschalis opnuut vir keiser Frederik tot keiser en sy vrou Beatrix tot keiserin Paschalis sterf in 1168 in Rome aan kanker Na sy dood kies sy aanhangers vir Johannes van Struma as pous Callixtus III Eers in 1177 het keiser Frederik versoen geraak met pous Alexander III en in 1179 herroep die derde Lateraanse konsilie al die besluite van die teenpouse asook die heiligverklaring van Karel die Grote Die kollege van kardinale Wysig Teenpous Paschalis III het 8 kardinale aangestel Omdat hy nie n wettige pous was nie word die aanstellings nie erken deur die Rooms Katolieke Kerk nie en word die kardinale as pseudo kardinale betitel 4 Kardinaal biskop Wysig Mariano biskop van Frascati Vibiano biskop van Palestrina Riccardo biskop van Civita CastellanaKardinaal priester Wysig Opizo titelkerk St ClementeKardinaal diaken Wysig Giovanni diakonaat onbekend Ottone diakonaat onbekend Guido diakonaat onbekend Etienne diakonaat onbekendVerwysings Wysig Paschal III 2008 Encyclopaedia Britannica Deluxe Edition Chicago Encyclopaedia Britannica Paschal III 1911 In The Catholic Encyclopedia New York Robert Appleton Company Retrieved June 12 2014 from New Advent 1 Miranda S The Cardinals of the Holy Roman Church 2 Miranda S The Cardinals of the Holy Roman Church 3 Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal nbsp Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Teenpous Paschalis III amp oldid 2000037