www.wikidata.af-za.nina.az
Raymond Rogier Trencavel ook Raimond Oksitaans Raimon Rogier 1185 10 November 1209 was n lid van die Trencavel adellike familie Hy was burggraaf van Beziers en Albi en dus n vasal van die Graaf van Toulouse en burggraaf van Carcassonne en die Razes en dus n vasal van die Graaf van Barcelona wat op daardie stadium ook oor Aragon regeer het Raymond Rogier was die seun van Rogier II Trencavel d 1194 en Azalais van Toulouse wat ook bekend gestaan het as die Gravin van Burlats dogter van Raymond V van Toulouse en suster van Raymond VI Raymond Rogier was getroud met Agnes van Montpellier Sy tante Beatrice van Beziers was die tweede vrou van Raymond VI van Toulouse Raymond Rogier het in die chateau comtal in die Cite de Carcassonne gewoon Die chateau is deur sy voorvaders gebou in die 11de eeu Raymond Rogier was nie n Kathaar nie alhoewel sy onderdane wel was Hy het n laissez faire houding teenoor Katharisme en ten opsigte van ander kulture en gelowe ingeneem Hy het byvoorbeeld sterk op Jode gesteun om Beziers sy tweede magsetel te bestuur Teen die middel van 1209 aan die begin van die Albigensiese Kruistog het ongeveer 10 000 kruisvaarders in Lyon bymekaar gekom en n opmars na die suide begin In Junie het Raymond van Toulouse wat die potensiele ramp wat voorhande was raakgesien het belowe om teen die Kathare op te tree en sy ekskommunikasie is gelig Die kruistog het na Montpellier en die gebiede van Raymond Rogier Trencavel opgeruk met die Kathaarse gemeenskappe om Albi en Carcassonne as hulle teiken Soos Raymond VI van Toulouse het Raymond Rogier gestreef vir n onderhandelde skikking met die kruisgangers maar Raymond Rogier is n vergadering geweier en moes hom na Carcassonne teruggehaas om sy verdediging voor te berei Die stad Beziers is in Julie geplunder en die bevolking uitgemoor Die stad Carcassonne was goed verstrek maar was kwesbaar en oorbevolk met vlugtelinge Die kruisvaarder gelei deur n pouslike legaat Arnaud Amaury Abdis van Citeaux het buite die stad aangekom op 1 Augustus 1209 As vasal van Koning Pieter II van Aragon Raymond Rogier het gehoop op beskerming maar Pieter was magteloos om Pous Innocentius III se leer en kon slegs as bemiddelaar opteer Die beleg het nie lank geduur nie Teen 7 Augustus het die kruisvaarders die stad se watertoevoer afgesny Raymond Rogier het n vrygeleide in die Kruistogkamp aanvaar om oorgawe voorwaardes te onderhandel Aan die einde van die onderhandelinge is hy gevangene geneem en in sy eie kerker aangehou waar hy gesterf het moontlik van disenterie alhoewel daar ook vermoed is dat hy dalk vergiftig is Die stad Carcassonne het op 15 Augustus oorgegee Die inwoners is nie uitgemoor nie maar is gedwing om die stad te verlaat Simon de Montfort is beheer van die gebied wat bestaan het uit Carcassonne Albi en Beziers toegeken Raymond Rogier se onteiende seun Raymond II 1204 1263 het formeel sy regte aan Lodewyk IX van Frankryk opgese in 1247 na verskeie pogings om sy erfenis te herwin Sommige outeurs identifiseer Raymond Rogier met die legendariese Parsival Bronne wysigGraham Leigh Elaine The Southern French Nobility and the Albigensian Crusade Woodbridge The Boydell Press 2005 ISBN 1 84383 129 5 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Raymond Rogier Trencavel amp oldid 2261281