www.wikidata.af-za.nina.az
Luderitz is n klein seehawe en vissersdorp aan die Atlantiese kus van Namibie Suidwes Afrika en die administratiewe hoofstad van die ǃNamiǂnus kiesafdeling in die Namibiese gewes ǁKaras Die dorp is vernoem na die Bremense koopman Franz Adolf Eduard Luderitz Die permanente bevolking is in 2015 op sowat 20 000 beraam LuderitzKaart kiesafdeling WapenLandsvlag Land Namibie Gewes Karas Koordinate 26 38 S 15 09 O 26 633 S 15 150 O 26 633 15 150 Stigting 1883 Oppervlak Totaal 112 9 vk km Hoogte bo seevlak 5 7 m Bevolking Totaal 2015 20 000 Bevolkingsdigtheid 177 1 vk km Tydsone UTC 2 MET Burgemeester Hambelela Suzan Ndjaleka SWAPO Amptelike Webwerf Inhoud 1 Geskiedenis 1 1 Europese verkenning 1 2 Stigting van n Duitse handelspos 1 3 Koloniale Duitse bewind 1 4 20ste en vroee 21ste eeu 1 5 Naamdebat 2 Bevolking en ekonomie 3 Sien ook 4 VerwysingsGeskiedenis WysigEuropese verkenning Wysig Die Portugese seevaarder Bartolomeu Diaz was die eerste Europeer wat in 1487 in n nabygelee baai suid van die huidige dorp voet aan wal gesit en n tradisionele steenkruis met wapen op die Luderitz skiereiland se Diazpunt opgerig het Die oorspronklike kruis Portugees padrao was as gevolg van erosie sterk verweer en is in 1929 deur n replika vervang Die ou Portugese origineel word tans in n Kaapstadse museum vertoon nbsp Diazpunt naby LuderitzStigting van n Duitse handelspos Wysig Die Bremense tabakhandelaar Adolf Luderitz het in 1883 in Angra Pequenabaai die latere Luderitzbaai geland Sy medewerker en vennoot Heinrich Vogelsang het van die plaaslike Orlam hoof Josef Frederiks n gebied met n lengte van 40 myl en n wydte van 20 myl gekoop om hier n handelspos te stig Die hoof het 100 goudpond en 250 gewere ontvang en was daarvan oortuig dat hy eintlik n gebied met n lengte van 70 en n wydte van 35 kilometer aan die Duitsers sou verkoop het Nadat hy die ooreenkoms onderteken het het die Duitse koopmans egter daarop verwys dat hulle nie Engelse myl wat gelykstaan aan 1 6 kilometer bedoel het nie maar Pruisiese myl 7 5 kilometer Frederiks het sodoende die grootste deel van sy stamgebied van 300 by 150 kilometer verkoop Die land is nogtans as waardeloos beskou en Luderitz het eintlik gehoop om hier grondstowwe te kan ontgin Sy mynbou eksplorasies het egter op niks uitgeloop nie Luderitz het uiteindelik in finansiele moeilikhede beland en sy omvangryke grondbesit in 1885 aan die Duitse Koloniaalmaatskappy van Suidwes Afrika verkoop Koloniale Duitse bewind Wysig nbsp Die Gorke huis n voorbeeld van Luderitz se koloniale Duitse boustyl nbsp Die foto is pas na die besetting deur genl Louis Botha se soldate geneem van die hoofstraat en Kapp se konsert en balsaal Die Duitse bevelvoerder het n aanval deur n oorweldigende mag verwag en daarom die dorp verlaat en die hawehoof jetty vernietig Die dorp het eers met die veldtog teen die Nama stam geleidelik begin groei toe hier in 1904 Duitse troepe gestasioneer is Luderitz het in hierdie tydperk veral vir die konsentrasiekamp bekend gestaan wat hier vir Orlam en Nama gevangenes en hul familielede opgerig is Van die sowat 2 000 gevangenes het as gevolg van die slegte higieniese en ongunstige klimaattoestande net sowat 450 oorleef Eers nadat Duitse sendelinge daarop aangedring het dat die kamp gesluit moes word is dit na die binneland verskuif Eers jare nadat Adolf Luderitz in 1886 tydens n ekspedisie na die Oranjerivier spoorloos verdwyn het is in 1908 diamante in die gebied ontdek en die dorp het n kortstondige ekonomiese bloeitydperk beleef Die Swart werker Zacharias Lewela het tydens die bou van n smalspoor spoorweglyn n diamant in n duineveld ontdek Hy het dit aan die boumeester August Stauch getoon en Stauch het saam met die ingenieur Sonke Nissen n konsessie vir die gebied gekoop Albei het danksy die diamante mynbou miljoeners geword terwyl Lewela niks ontvang het nie Luderitz het in die volgende jare tot n besige handelshawe ontwikkel Danksy die mynbou talle immigrante wat die land binnegestroom en die diamantedorp Kolmannskuppe gestig het het Luderitz n welvarende dorp geword 20ste en vroee 21ste eeu Wysig nbsp Luderitz en LuderitzbaaiToe die winsgewende diamantontginning in 1920 na die suide van die land verskuif is het Luderitz sy ekonomiese rol as n mynbousentrum kwytgeraak Die plaaslike ekonomie het nou op n kleinskaalse visserybedryf en n aantal klein skeepswerwe gesteun Danksy die karakoelteelt in die suide van die land het n aantal tapytwewers hulle ook hier gevestig Nogtans het Luderitz se toekoms minder rooskleurig gelyk Teen die einde van die 20ste eeu is die Koedoe gasveld langs die kus ontdek ook seegras wat daagliks op die dorp se strande uitspoel n belangrike grondstof vir die voedsel en kosmetiese bedryf Daarnaas het n plaaslike oesterbedryf begin ontwikkel Ter geleentheid van Luderitz se eeufeesvierings in 1983 is talle historiese geboue uit die koloniale tydperk gerestoureer en Luderitz het n belangrike toeristebestemming in Namibie geword Die boubedrywighede by die hawe wat aansienlik vergroot is het talle nuwe werkgeleenthede vir jongmense geskep en in 2000 is die toeristesentrum Waterfront ingewy Naamdebat Wysig Nadat die Swapo regering enkele administratiewe streke hernoem het om die laaste oorblyfsels van die land se koloniale verlede af te breek het nuusberigte oor n beplande naamwysiging vir Luderitz onrus onder die blanke bevolking veroorsaak terwyl ook swart Namibiers hul misnoee oor die stap uitgespreek het Laat in 2013 is bekendgemaak dat slegs die kiesafdeling se naam na Nami Nus verander sal word Nami Nus is n term uit die plaaslike Khoekhoegowab taal en beteken omhelsing Pres Hifikepunye Pohamba het in n amptelike toespraak wat hy in 2014 gehou het albei name gebruik In Duitse reisgidse wat in 2015 gepubliseer is word derhalwe steeds die benamings Luderitz en Luderitzbucht vir die nedersetting gebruik 1 Luderitzbucht Luderitzbaai is n ouer naam uit die vroee koloniale tydperk wat in die omgangstaal steeds gebruik word om na die nedersetting te verwys Bewoners uit alle etniese groepe verwys na hulself dan ook trots as Buchters Bevolking en ekonomie WysigSedert die 1970 s het Luderitz se bevolking van sowat 2 000 tot 5 800 in 2001 verdubbel Die persentasie Duitssprekende bewoners het egter merkbaar afgeneem Alhoewel daar nog steeds diamantemynboubedrywighede in die omgewing is het vissery en toerisme die belangrikste ekonomiese sektore geword Veral seekreef word na lande soos Spanje en Japan uitgevoer Oorbenutting van visbronne het egter daartoe gelei dat beperkings op die vissery geplaas is Duitsland het n patrollieboot aan Namibie beskikbaar gestel sodat onwettige visvangaktiwiteite bekamp kan word Sien ook WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Luderitz NG gemeente Luderitz Luderitzbaai BogenfelsVerwysings Wysig Michael Iwanowski Namibia 27 Ausgabe 2015 Dormagen Reisebuchverlag Iwanowski 2015 bl 232 Koordinate 26 38 46 S 15 09 14 O 26 646 S 15 154 O 26 646 15 154 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Luderitz amp oldid 2500849