www.wikidata.af-za.nina.az
BurgenlandGradisceFelsoorvidek Landsvlag Landswapen Besonderhede Besonderhede Basiese gegewensAmpstaal Duits Burgenland Kroaties HongaarsHoofstad EisenstadtStigting 1921Oppervlakte 3 965 2 km 7de Bevolking 294 436 1 9de 1 Januarie 2020 Bevolkingsdigtheid 74 inwoners km 7de Buitelanders 8 6 2 2018 Volkslied Landeshymne Mein Heimatvolk mein HeimatlandISO 3166 2 AT 1Amptelike webwerf www bgld gv atPolitiekEerste minister Landeshauptmann Hans Peter Doskozil SPO sedert 28 Februarie 2019 Regerende partye SPOSetels in die parlement Landtag 36 setels 2015 36 setels SPO 19 2015 15 OVP 11 11 FPO 4 6 Die Grunen Die grune Alternative 2 2 Laaste verkiesing 26 Januarie 2020Volgende verkiesing 2025Parlementere verteenwoordigingStemme in die Federale Raad Bundesrat 3KaartBurgenland Burgenland Kroaties Gradisce Hongaars Felsoorvidek Orvidek of Lajtabansag is n deelstaat van Oostenryk Eisenstadt is die hoofstad en met n bevolking van 14 637 soos op 1 Januarie 2019 ook die grootste nedersetting van Burgenland Sononder in Januarie in Loipersdorf Burgenland is n historiese grensland maar ook n streek met baie kleureDie vuurtoring van Podersdorf am See NeusiedlermeerBurgenland is die mees oostelike van Oostenryk se nege deelstate en volgens sy inwonertal ook die kleinste Die gebied wat histories as Duits Wes Hongarye bekendgestaan het het vroeer deel uitgemaak van die Koninkryk Hongarye Volgens die bepalings van die Verdrag van Trianon wat in 1920 onderteken is het Hongarye dit aan die nuutgestigte Republiek Oostenryk afgestaan In 1921 is die gebied hernoem tot Burgenland Burgenland grens in die noorde aan die Pressburger Land n streek in Slowakye in die ooste aan die Hongaarse komitate administratiewe geweste Gyor Moson Sopron en Vas in die suide aan die Sloweense munisipaliteite Kuzma en Rogasovci en in die weste an die Oostenrykse deelstate Stiermarke en Neder Oostenryk Burgenland wat in die oorgangsgebied tussen die Alpe en die Pannoniese Laagvlakte gelee is word deur twee groot landskapsvome oorheers die Neusiedlermeer in die noorde en uitlopers van die Alpe bergreeks in die suidelike heuwelland Die deelstaat is n lang en smal strook land wat naby Sieggraben in die Odenburg bergreeks slegs 4 km wyd is Burgenland was en is in baie opsigte n grensland Eeue lank was dit n omstrede streek waarop sowel die Heilige Romeinse Ryk asook Hongarye aanspraak gemaak het Later nadat die Ystergordyn in die laat 1940 s geval het was Burgenland n afgelee grensstreek in die suidooste van Wes Europa wat min belangstelling by beleggers gewek het So was die deelstaat nog tot in die 1970 s die armehuis van Oostenryk Maar ook geologiese botaniese dierkundige en klimatiese besonderhede maak van Burgenland n grens en oorgangsgebied Inhoud 1 Naam 2 Geografie en topografie 2 1 Noord Burgenland 2 2 Sentraal Burgenland 2 3 Suid Burgenland 3 Klimaat 4 Geskiedenis 4 1 Ontstaansgeskiedenis van die deelstaat 5 Demografie 6 Administratiewe verdeling 6 1 Distrikte en statutere selfregerende stede 6 2 Stedelike nedersettings en belangrike markdorpe 7 Wynboustreke 8 Verwysings 9 Eksterne skakelsNaam WysigDie naam Burgenland Land van kastele het sy oorsprong in drie Oud Hongaarse komitate waarin die gebied oorspronklik verdeel is en wat almal na kastele vernoem is dus met burg as gemeenskaplike Duitse naambestanddeel Hongaarse name tussen hakies Wieselburg Moson Odenburg Sopron en Eisenburg Vas Geeneen van die drie naamgewende kastele is tans in Burgenland gelee nie Geografie en topografie Wysig Windisch Minihof n dorpie in die heuwellandskap van Suid BurgenlandDie deelstaat Burgenland het n oppervlakte van 3 965 2 km en grens oor n afstand van 397 km grotendeels aan Hongarye Kleiner gemeenskaplike grense word met Slowenie en Slowakye gedeel Burgenland is die kleinste deelstaat van Oostenryk na die federale hoofstad Wene en Vorarlberg en beslaan 4 7 persent van die Alperepubliek se totale oppervlakte Meer as n derde van die deelstaat word as nasionale parke of natuurreservate beskerm 3 Burgenland is aan die oostelike kant van die Alpe bergreeks gelee in die grensgebied tussen Alpynse berglandskappe in die weste en die Pannoniese Klein Hongaarse Laagvlakte Duits Kleine Ungarische Tiefebene in die ooste Na die oostelike Alpe voorheuwels word in Pannonie nog as bergreekse verwys alhoewel hulle nie met die magtige Alpepieke in ander Oostenrykse deelstate vergelyk kan word nie 4 Die hoogste punt van Burgenland is die bergpiek Geschriebenstein Hongaars Irott ko op 884 m bo seevlak die Oostenryks Hongaarse staatsgrens loop regstreeks deur n uitsigtoring wat in 1913 op die piek opgerig is Die laagste punt is die plaas Hedwighof in die munisipaliteit Apetlon distrik Neusiedl am See op 114 m bo seevlak Die laagste munisipaliteit is Illmitz op 116 m Burgenland se geografiese middelpunt is in Unterpullendorf in die munisipaliteit Frankenau Unterpullendorf gelee en deur Burgenlandse geograwe met n sogenaamde Mittelpunktstein Middelpuntsteen gemarkeer Die suidelike landsdele word deur bergruens waarna in Duits as Riedel verwys word en valleie met klein bergstroompies oorheers Die laer gelee ooste en noorde van die deelstaat maak al deel uit van die Klein Hongaarse Laagvlakte wat op sy beurt by die Eurasiese Steppegordel gereken word Volgens die oorheersende landskapsvorme word Burgenland in drie landsdele verdeel Noord Burgenland Sentraal Burgenland en Suid Burgenland Noord Burgenland Wysig Oorstroomde weivelde in die sogenaamde Holle Hel n gebied in die Seewinkel naby die Neusiedlermeer Weivelde aan die noordoewer van die Lange Lacke n meer in die Nasionale Park Neusiedlermeer Seewinkel Winter in Burgenland die sneeubedekte uitsigtoring op die bergpiek Geschriebenstein Morbisch am See gelee aan die oewer van die Neusiedlermeer met sy meerskouburg waar die gewilde teaterfees plaasvind in die middel van die foto en sy jaghaweNoord Burgenland behels die gebied noord van die Odenburgse gebergte en maak grotendeels del uit van die Pannoniese Laagvlakte Administratief word dit verdeel in die distrikte Omgewing van Eisenstadt Eisenstadt Umgebung Mattersburg en Neusiedl am See Hier is die steppemeer Neusiedlermeer gelee wat deur rietvelde omring word Die natuurbewaringsgebied Lange Lacke is n belangrike habitat vir bedreigde voelspesies In die gebied is in 1992 die Nasionale Park Neusiedlermeer Seewinkel gestig n oorgrens natuurreservaat wat tot Hongarye strek en hier as Nasionale Ferto Hansag park bekendstaan Sentraal Burgenland Wysig Sentraal Burgenland bestaande uit die distrik Oberpullendorf is in teenstelling met die noorde n heuwelagtige streek wat in die suide deur die bergreeks Gunser Gebirge van die heuwellande van Suid Burgenland geskei word Kenmerkend vir die streek is sy leemgrond met enkele basaltheuwels wat hulle oorsprong in n Transdanubiese vulkaanstreek het Ter geleentheid van Burgenland se 70 jarige bestaan as deelstaat van die Republiek Oostenryk is sy geografiese middelpunt bepaal Dit is te midde van wingerde in die munisipaliteit Frankenau Unterpullendorf gelee op 47 28 34 Noord en 16 34 24 Oos en met n basaltsteen wat van die Pauliberg afkomstig is gemarkeer Hierdie sogenaamde Mittelpunktstein dra inskrifte in Duits Kroaties en Hongaars Vlakby die monument is die Donatuskapel van 1577 gelee n rustige plek wat uitsigte op Unterpullendorf se wingerde bied 5 Suid Burgenland Wysig Suid Burgenland behels die distrikte Oberwart Gussing en Jennersdorf In hierdie heuwelland met die Oos Stiermarkse Heuwelland en die Gunser bergreeks in die weste daal die landoppervlak in suidooswaartse rigting Die hoogste pieke suid van die Gunser bergreeks is op iets meer as 400 m bo seevlak gelee Die suidelike landsdele word oorheers deur die Raabrivier met sy talle takriviere Klimaat WysigBurgenland is in die oorgangsgebied tussen twee groot klimaatsones gelee die Atlantiese seeklimaat en die Pannoniese vastelandse klimaatsone Sentraal Burgenland en groot dele van die Pannoniese vlaktes word by die sonnigste streke in Sentraal Europa gereken terwyl hier ook die hoogste gemiddelde temperature en die meeste sonskyndae in Oostenryk aangeteken word Die verdamping van groot hoeveelhede water in die Neusiedlermeergebied dra by tot n redelik hoe lugvogtigheid maar beteken ook dat van die vrugbaarste landboustreke in Oostenryk hier aangetref word Lente begin betreklik laat in Burgenland maar die weer is gewoonlik tot die middel van Oktober warm en gematig Die bestendige bries wat van die Pannoniese Laagvlakte waai verskaf in Julie en Augustus wanneer gemiddeldes van meer as 25 C gemeet word n welkome verligting van die somerhitte Hulle dra ook by tot die relatief lae reenval in Noord Burgenland Geskiedenis WysigOntstaansgeskiedenis van die deelstaat Wysig n Propagandaplakkaat waarsku kiesers in Odenburg om nie ten gunste van Hongarye te stem nieTot en met 1918 het die gebied van die huidige Burgenland deel uitgemaak van die Hongaarse rykshelfte van die Oostenryks Hongaarse dubbelmonargie al het die plaaslike bevolking merendeels Duits of Kroatiessprekende boere en trekarbeiders noue ekonomiese en sosiale bande met die aangrensende lande Neder Oostenryk en Stiermarke gehandhaaf 6 Toe die Habsburgse monargie teen die einde van die Eerste Wereldoorlog begin ontbind het en n internasionale grens tussen die nuutgestigte Republieke Oostenryk en Hongarye getrek is is die bewoners met die bestaansvraag van hul toekomstige nasionaliteit gekonfronteer n Bree beweging het ontstaan wat volgens die beginsel van die reg op selfbeskikking van die verskillende etniese groepe binne die Habsburgse Ryk soos dit destyds algemeen opgeeis is op die insluiting van Duits Wes Hongarye by Oostenryk aangedring het Gedurende die vredesonderhandelinge in Parys het die seevierende geallieerde moondhede die Duitssprekende bevolking se eise dan ook nagekom In die Vredesooreenkoms van St Germain wat op 10 September 1918 onderteken is is die oorhandiging van die gebied waarna destyds reeds nie amptelik as Burgenland verwys is aan Oostenryk op n later tydstip na die sluiting van n vredesverdrag met Hongarye in die vooruitsig gestel Hongarye het alle diplomatieke en politieke middele ingespan om die gebiedsverlies te verhinder Toe dit geblyk het dat alle vreedsame pogings in die verband vergeefs was het Hongaarse partisane die oorhandiging van die streek aan Oostenryk wat vir 28 Augustus 1921 beplan was met wapengeweld probeer belemmer Eers in die herfs kon die situasie onder Italiaanse diplomatieke bemiddeling ontlont word In die Venesiaanse Protokol van 13 Oktober 1921 het Hongarye ingestem om die Burgenland aan Oostenryk af te staan In n referendum oor die politieke status van Odenburg Hongaars Sopron die beplande nuwe administratiewe setel van Burgenland en agt ander munisipaliteite wat in Desember 1921 gehou is het n meerderheid van die bevolking ten gunste van Hongarye gestem Hierdie streke het vervolgens onder Hongaarse administrasie gebly Die res van Burgenland het in 1921 22 as selfstandige federale deelstaat met gelyke regte deel van die nuwe Republiek Oostenryk geword Demografie WysigBurgenland was tradisioneel een van die ekonomies minder ontwikkelde streke in Oostenryk So was baie Burgenlanders tussen 1850 en die 1950 s genoodsaak om elders n heenkome te vind in Oostenryk of oorsee Interessant genoeg word dikwels na Wene en Chicago as die grootste Burgenlanfdse stede verwys Sowat 30 000 Burgenlanders het hulle in Amerika se Windy City langs die Michiganmeer gevestig Noemenswaardige Burgenlandse immigrantebevolkings word ook in Allentown en New York in Kanada en Suid Amerika aangetref 7 8 Administratiewe verdeling WysigDistrikte en statutere selfregerende stede Wysig Streke en distrikte van Burgenland Noord Burgenland Middel Burgenland Suid Burgenland Die kasteel Forchtenstein in die gelyknamige nedersetting in die distrik Mattersburg is sedert 1622 in besit van die Esterhazy familie Burgenland se administratiewe setel Eisenstadt het n sterk landelike karakter Die oudste dele van die Raadsaal wat in die Barokstyl uitgevoer is dateer van 1560 Esterhazy kasteel in Eisenstadt Die adellike Esterhazy gesin word onder die magtigste magnatefamilies in die ou Habsburgse dubbelmonargie gerekenDistrikte en statutere selfregerende stede van noord tot suid Aanwysing Oppervlakte km Bevolking KentekenNeusiedl am See 1 038 65 54 449 NDEisenstadt Umgebung 453 14 40 605 EURust 20 01 1 878 EEisenstadt 42 91 12 856 EMattersburg 237 84 38 923 MAOberpullendorf 701 49 37 537 OPOberwart 732 62 53 593 OWGussing 485 44 26 608 GSJennersdorf 253 35 17 516 JEStedelike nedersettings en belangrike markdorpe Wysig Stede en markdorpe gt 3 500 Inwoners 9 Plaas Naam Bevolking Distrik1 Eisenstadt 12 663 E2 Oberwart 7 018 OW3 Mattersburg 6 878 MA4 Neusiedl am See 6 517 ND5 Pinkafeld 5 399 OW6 Neudorfl 4 286 MA7 Jennersdorf 4 233 JE8 Gussing 3 768 GS9 Parndorf 3 981 ND10 Gols 3 666 ND11 Grosspetersdorf 3 540 OWWynboustreke Wysig Blaufrankisch druiwe raak ryp in n wingerd naby Lutzmannsburg Concord of Ripatella druiwe kort voor oestydBlaufrankischland is die belangrikste verbouingstreek in Oostenryk vir die gelyknamige kultivar n rooiwyn met kragtige rooi bessiegeure en n donker granaatrooi kleur met tinte van violet Dit strek oor die munisipaliteite Neckenmarkt Horitschon Unterpetersdorf Deutschkreutz Lutzmannsburg Grosswarasdorf en Raiding Die kultivar vereis n gematigde klimaat en liggings wat teen sterk winde beskerm is en is sodoende uiters geskik vir die Burgenlandse streek wat tussen die Odenburger gebergte in die noorde die Bucklige Welt in die weste en die bergreeks Gunser Gebirge in die suide gelee is Die oostekant le oop vir die Pannoniese Laagvlakte se klimatiese invloed Die matigende invloed van die nabygelee Neusiedlermeer en sanderige leemgrond maak van die gebied n perfekte wynboustreek waar die eerste wingerde reeds deur Keltiese bewoners aangele is Op sewentig persent van die wynboustreek se totale oppervlakte van 2 300 hektaar is rooiwynkultivars aangeplant waarvan 55 persent vir die Blaufrankisch kultivar opsygesit is Dit is die enigste streek in Oostenryk en die hele wereld waar die kultivar n oorheersende rol speel 10 Uhudler met sy kenmerkende geure van aarbeie en bosbessies is n wynsoort eie aan Suid Burgenland Nadat inheemse Europese kultivars in Oostenryk omstreeks 1870 deur filloksera vernietig is is druifsoorte soos Noah Isabella Elvira Concord Ripatella Clinton en Delaware wat immuun teen die siekte is en sodoende geen insekdoders vereis nie uit die Verenigde State ingevoer Uhudler wyn se kleure wissel van liggeel tot ligroos en rooi afhangende van die druifsoort daar is wit en blou druiwe 11 Verwysings Wysig de Statistik Austria Bevolkerung zu Jahresbeginn 2002 2020 nach Gemeinden Gebietsstand 1 1 2020 de Anteil der Auslander an der Bevolkerung in Osterreich nach Bundeslandern zu Jahresbeginn 2018 de Unser Burgenland E boek bl 28 Geargiveer 25 Maart 2017 op Wayback Machine de burgenlandflora at Geographischer Uberblick uber das Burgenland Besoek op 8 Maart 2017 de Renate Mackay Das mittlere Burgenland The Middle Burgenland Munchen Neckenmarkt Zurich Novum Pro 2010 bl 153 de www burgenland at Geschichte Unser Land Die Entstehung des Burgenlandes 1918 1921 Besoek op 8 Maart 2017 Geargiveer 5 Maart 2017 op Wayback Machine de Burgenland ORF at 31 Mei 2015 Burgenland in Chicago Besoek op 22 Oktober 2019 de Seit 100 Jahren Burgenlander in Chicago In Burgenlandische Gemeinschaft Nommer 303 jaargang 35 Januarie Februarie 1990 bl 1 de Statistik Austria Endgultige Bevolkerungszahl 31 Oktober 2008 fur die Finanzjahre 2009 und 2010 gemass 9 Abs 9 FAG 2008 de Mackay 2010 bl 156 de Uhudlerverein Uhudler Besoek op 22 Oktober 2019Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Burgenland Amptelike webwerwe de Amptelike webwerfEnsiklopediese inligting en Burgenland Encyclopaedia Britannica Besoek op 31 Maart 2023 Burgenlandse dialek de Mundart BurgenlandKultuur de Kuns en Kultuur in BurgenlandPerswese de Alle Ausgaben der Wochenzeitung Burgenlandische Freiheit BF ab 1922 onlineDeelstate van Oostenryk Burgenland Karintie Neder Oostenryk Opper Oostenryk Salzburg Stiermarke Tirol Vorarlberg Wene Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Burgenland amp oldid 2567962