www.wikidata.af-za.nina.az
n Brandstof is enige materiaal wat verbrand of verander kan word om energie hitte of lig vry te stel of om n voorwerp te beweeg n Brandstof stel sy energie vry deur of n chemiese reaksie te ondergaan soos tydens verbranding of n kernreaksie soos kernsplitsing of kernsmelting Onder brandstowwe word ook ingesluit die chemiese stowwe wat gebruik word vir vuurpylaandrywing en die radioaktiewe elemente soos uraan wat in kernreaktors gebruik word Verbranding behels gewoonlik oksidasie deur suurstof in die lug n Belangrike eienskap van n nuttige brandstof is dat dit sy energie moet vrystel slegs wanneer dit benodig word en dat die vrystelling op so n wyse beheer kan word dat die energie omgeskakel kan word na meganiese arbeid Voorbeelde van brandstowwe is petrol en aardgas Brandstofpompe in Brasilie wat alkohol en petrol as voertuigbrandstof verkoop Alle koolstofgebaseerde lewensvorme van die kleinste mikro organismes tot diere en mense is afhanklik van brandstof in die vorm van voedsel as energiebron Hulle selle ondergaan chemiese prosesse wat deur ensieme aangehelp word om die energie van voedsel om te skakel en sodoende lewe te onderhou Hierdie chemiese reaksies staan bekend as metabolisme Mense maak ook van n groot verskeidenheid tegnieke gebruik om die energie in brandstof om te skakel na nuttige energie Die gebruik van hierdie energie wissel van die hitte vir kookdoeleindes tot die opwekking van elektrisiteit en aandryf van wapentuig Inhoud 1 Algemeen 2 Energiebronne 2 1 Fossielbrandstowwe 2 2 Biobrandstowwe 3 Vaste brandstowwe 3 1 Hout 3 2 Houtskool 3 3 Turf 3 4 Steenkool 3 5 Kooks 4 Vloeibare brandstowwe 4 1 Aardolie 4 2 Petrol dieselolie en paraffien keroseen 4 3 Etanol 5 Gasvormige brandstowwe 5 1 Aardgas 5 2 VP gas vloeibare petroleumgas 5 3 Watergas koolgas ens 6 Chemiese brandstowwe 7 Kernbrandstof 7 1 Kernsplitsing 7 2 Kernsmelting 8 VerwysingsAlgemeen WysigBrandstowwe van organiese oorsprong soos aardolie aardgas en steenkool is miljoene jare gelede gevorm toe die see groot dele van die huidige landmassas bedek het Oor lang tydperke het dooie seeplante en diertjies afgesak bodem toe Daar is dit bedek met sedimentere lae sand en modder wat uiteindelik versteen het Die ontsaglike druk en gepaardgaande hitte van hierdie gesteentes het die organiese stowwe omgesit in olie gas en steenkool Hierdie brandstowwe bestaan hoofsaaklik uit koolstof en waterstof die sogenaamde koolwaterstowwe Die verhouding tussen die twee elemente is belangrik in die hele brandstoftegnologie Hoe groter die verhouding van waterstof tot koolstof hoe vloeibaarder is die brandstof Die hoeveelheid warmte wat per kilogram brandstof gelewer word is bekend as die verbrandingswaarde en dit word in joule per kilogram uitgedruk Hout se verbrandingswaarde is heelwat laer as die van steenkool wat weer laer is as die verbrandingswaarde van die meeste petroleumprodukte Die temperatuur waarby n brandstof sal vlamvat as dit met n vonk of vlam in aanraking kom word die ontbrandingstemperatuur of vlampunt genoem As brandstowwe geberg of vervoer word is dit belangrik om die vlampunt in ag te neem om brand of ontploffings te voorkom Brandstowwe wat geen bewerking nodig het nie soos steenkool hout en aardgas word primere brandstowwe genoem Sekondere brandstowwe petrol paraffien etanol ens word deur chemiese of fisiese prosesse uit die primere brandstowwe verkry Energiebronne WysigDie brandstowwe wat tans hoofsaaklik deur die mensdom gebruik word se energie inhoud kom uit n klein aantal bronne Die meeste brandstowwe se chemiese energie is uiteindelik van lewensvorme afkomstig soos in die geval van fossielbrandstowwe wat oorspronklik afkomstig is van plantlewe wat sonenergie deur middel van fotosintese opgegaar het Sonenergie word op sy beurt opgewek deur die kernsmeltingsreaksies op die son Die radio aktiewe isotope wat as kernbrandstof gebruik word in kernkragstasies is gevorm in supernovaontploffings Chemiese brandstowwe is stowwe wat energie opwek deur te reageer met stowwe rondom hulle gewoonlik met suurstof in die lug deur die proses van oksidasie Hierdie stowwe is tans die mees algemene soort brandstof in gebruik Fossielbrandstowwe Wysig Fossielbrandstof is koolstof en koolwaterstowwe wat oor miljoene jare gevorm het uit die oorblyfsels van dooie plante en diere deur blootstelling aan hitte en druk in die aarde se kors 1 Hieronder val hoofsaaklik steenkool ru olie en aardgas 2 Die grootskaalse moderne nywerheidsontwikkeling in die wereld steun grootliks op die gebruik van fossielbrandstowwe Die nywerheidsomwenteling van die 20ste en 21ste eeue het die vraag na fossielbrandstowwe aangevuur en is die oorsaak van vele wereldwye en streekskonflikte en ook omgewingsprobleme Daar is tans n wereldwye strewe om hernubare energiebronne te ontwikkel om aan die groeiende vraag na brandstowwe te voldoen Die verbranding van fossielbrandstowwe is die grootste bron van koolstofdioksied vrystellings in die atmosfeer wat n kweekhuisgas is wat tot onwenslike aardverwarming bydra Biobrandstowwe Wysig Biobrandstof kan breedweg gedefinieer word as vastestof vloeistof of gasbrandstowwe wat afkomstig is van biomassa Biomassa kan direk gebruik word en word dikwels na verwys as biomassa brandstof Biobrandstowwe kan vervaardig word van verskeie koolstofbronne wat vinnig weer aangevul kan word soos in die geval van plante Baie verskillende plantsoorte word gebruik in die vervaardiging van biobrandstowwe Die eerste brandstof wat algemeen deur mense gebruik was is hout By Swartkrans in Suid Afrika is bewyse gevind dat vuur so lank terug as 1 5 miljoen jaar gelede al as brandstof gebruik is Dit is onbekend watter mensagtige spesie eerste vuur gebruik het aangesien beide Homo Sapiens en Australopithecus reeds teenwoordig was op daardie tydstip 3 Tot vandag toe word hout as brandstof gebruik al is dit deur baie ander bronne vervang Hout se energiedigtheid is 10 20 MJ kg 4 Die gewildheid van biobrandstowwe vir gebruik in voertuie onder andere biodiesel en etanol het onlangs baie toegeneem maar daar heers n debat oor die omgewingsimpak van hierdie brandstowwe Vaste brandstowwe WysigHout Wysig Hout en ander organiese stowwe soos mis en strooi word veral in onderontwikkelde gebiede gebruik Hout egter te waardevol as n konstruksiemateriaal om op groot skaal vir verbranding te gebruik Houtskool Wysig Houtskool word gemaak deur hout in oonde te verhit om die gasse en vog af te dryf As brandstof word dit deesdae maar min gebruik gewoonlik in sekere chemiese prosesse en vir vleisbraaivure Turf Wysig Turf veen bestaan uit plantaardige materiaal wat nog nie steenkool geword het nie Dit het n taamlik hoe voggehalte en sy verbrandingswaarde is laag Droe turfsooie word in lande soos Ierland nog vir huishoudelike stowe en verwarming gebruik Steenkool Wysig Steenkool is een van die wereld se waardevolste en volopste brandstowwe Bruinkool ligniet en antrasiet behoort tot dieselfde familie as steenkool Bruinkool die jongste van die drie is gedurende ʼn later geologiese tydperk as steenkool gevorm Dit bevat ook baie vog Antrasiet is n baie harde soort steenkool wat heelwat meer hitte afgee as die ander Omdat Suid Afrika nie ryk oliebronne het nie het die klem van ons navorsing op die moontlikhede van steenkool geval Op hierdie gebied het Suid Afrikaners baanbrekerswerk gedoen en die reusagtige Sasol installasies waar olie uit steenkool vervaardig word is n bewys daarvan Die kragsentrales vir die opwekking van elektrisiteit is ook van steenkool afhanklik Suid Afrika se jaarlikse opbrengs van meer as 100 miljoen ton steenkool voorsien in 80 van die land se energiebehoeftes Die verwerking van steenkool by Sasol lewer n groot aantal neweprodukte wat omgesit word in gas plastiek misstowwe teer ens Twee nadele van steenkoolverwerking is dat dit duur is om te vervoer olie kan makIik oor groot afstande deur middel van pypleidings vervoer word en dat die as na verbranding verwyder moet word Kooks Wysig Kooks word verkry as steenkool in oonde verhit word om die gasse te verdryf Die gasse byvoorbeeld koolgas is ook brandstowwe Kooks word veral in die yster en staalbedryf gebruik Vloeibare brandstowwe WysigAardolie Wysig Aardolie is n ryk mengsel van n hele reeks swaar en ligte koolwaterstowwe In raffinaderye word hierdie mengsel geskei om n groot aantal produkte soos petrol diesel en ligte en swaar olies te lewer Aardolie is eeue lank al aan die mensdom bekend Etlike eeue voor Christus se geboorte het die Chinese gate in die grond geboor om die olie te bekom In vergelyking met vandag was die gebruike daarvan beperk dit is meestal in lampe of as pik gebruik Gedurende die 19e eeu het mense die moontlikhede van aardolie begin insien Namate nuwe gebruike daarvoor gevind is het die koorsagtige gesoek na olie begin Dit duur steeds wereldwyd voort Petrol dieselolie en paraffien keroseen Wysig Dit is die algemeenste vloeibare brandstowwe wat jaarliks in ontsaglike hoeveelhede vir vervoer landbou industriele en militere doeleindes gebruik word Paraffien word in huishoudelike apparate soos lampe primusstofies en verwarmers gebruik maar veral ook as brandstof vir straalvliegtuie waarvoor dit net minder geraffineer word Dieselolie is n ligte olie Die swaar olies soos stookolie word vir kragsentrales industriele doeIeindes en skeepvaart gebruik Sommige groot skepe se masjiene word regstreeks daarmee gestook Etanol Wysig Etanol is n alkohol wat uit die gisting van plante byvoorbeeld mielies of suikerriet verkry word Etanol se moontlikhede as brandstof geniet al hoe meer aandag namate olie skaarser en duurder word Heelwat navorsing word in die verband gedoen Gasvormige brandstowwe WysigAardgas Wysig Dit is n natuurlike gas wat op groot skaal gebruik word Soos aardolie is dit diep onder die grond gevorm dit word deur middel van pypleidings direk van die bron na stede en dorpe gepomp Aardgas is n ideale brandstof want dit het geen verwerking nodig nie sy verbrandingswaarde is twee keer hoer as die van ander gasse dit vervoer maklik en as dit brand word feitlik geen afvalstowwe gevorm nie Die enigste probleem is om dit te berg want dan moet dit tot n baie lae temperatuur afgekoel word VP gas vloeibare petroleumgas Wysig Dit bestaan gewoonlik uit propaan en butaan baie ligte koolwaterstowwe wat uit aardgas verkry word Die VP gas word onder hoe druk in silinders geberg gereed vir kampering of huishoudelike gebruik soos verhitting kook of beligting Watergas koolgas ens Wysig Dit word as neweprodukte verkry wanneer steenkool verwerk word Chemiese brandstowwe WysigDit word vervaardig vir vuurpyle Solank hulle in die atmosfeer om die aarde beweeg is die suurstof in die lug beskikbaar om die ontbrandingsproses aan die gang te hou maar sodra die vuurpyl die ruimte inskiet moet dit sy eie suurstof saamdra Omdat suurstof in gasvorm te veel ruimte beslaan word dit aansienlik afgekoel totdat dit ʼn vloeistof word Soms word n oksideerder soos salpetersuur HN03 gebruik Vaste chemiese brandstowwe is ook al ontwikkel dit het die voordeel dat dit nie gedurig by n baie lae temperatuur gehou hoef te word nie Kernbrandstof Wysig n Kernbrandstof is enige materiaal waaruit kernenergie verkry kan word Kernbrandstowwe soos verrykte uraan torium en plutonium by die kernsplytingproses en waterstof in litium kernfusie lewer ontsaglike hoeveelhede energie en sal in die toekoms n groot rol in die verskaffing van energie speel Omdat daar nog heelwat gevare en probleme aan kernenergie verbonde is word pogings aangewend om alternatiewe vorme van energieverskaffing te vind Al die ontwikkelde lande het reeds kernreaktors en navorsing gaan onverpoos voort Kernsplitsing Wysig Die algemeenste kernbrandstowwe tans in gebruik is die swaarelemente wat kernsplitsingkettingreaksies kan ondergaan in n kernreaktor Kernbrandstof verwys hier na die materiaal of fisiese brandstofelemente wat uit die splitsbare materiaal vervaardig is Die algemeenste kernbrandstowwe is Uraan 235 en Plutonium 239 Kernsmelting Wysig Daar bestaan tans nog nie tegnologie om brandstowwe wat energie kan vrystel deur kernsmelting of kernfusie op n beheerbare wyse te benut nie Kernsmelting is van die kragtigste energiebronne in die natuur en is die bron van sterre se energie Brandstowwe vir kernsmelting is ligte elemente soos waterstof wat maklik versmelt word Die brandstof vir kernsmelting in sterre is atoomkerne wat energie kan vrystel deur n proton of n neutron te absorbeer In die meeste sterre word hierdie energie verkry vanaf waterstof wat saamsmelt om helium te vorm deur n proton proton kettingreaksie Wanneer die waterstof uitgeput is kan die reaksie plaasvind met toenemend swaarder elemente alhoewel die energie wat vrygestel word verminder namate die elemente wat aan die versmeltingsreaksie deelneem swaarder word Wanneer die reaksies yster 56 of nikkel 56 vervaardig kan geen verdere energie uit verdere versmeltingsreaksies verkry word nie aangesien hierdie elemente die hoogste bindingsenergiee het 5 Verwysings Wysig Fossil fuel EPA Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2007 03 12 Besoek op 2007 01 18 Dr Irene Novaczek Canada s Fossil Fuel Dependency in Frans Elements Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 September 2019 Besoek op 18 Januarie 2007 Rincon Paul 22 Maart 2004 Bones hint at first use of fire in Engels BBC News Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2020 Besoek op 11 September 2007 Elert Glenn 2007 Chemical Potential Energy in Engels The Physics Hypertextbook Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2009 Besoek op 11 September 2007 Fewell M P 1995 The atomic nuclide with the highest mean binding energy American Journal of Physics 63 7 653 658 doi 10 1119 1 17828 Wereldspektrum 1982 ISBN 0908409443 band Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Brandstof amp oldid 2589430