www.wikidata.af-za.nina.az
Die Perdekopnewel ook bekend as Barnard 33 is n donker newel in die sterrebeeld Jagter 1 Dit is gelee net suid van die ster Alnitak wat die verste oos is aan die Jagter se Belt en is deel van die veel groter Orion Molekulere Wolkkompleks Die newel is die eerste keer in 1888 aangeteken deur die Skotse sterrekundige Williamina Fleming op fotoplate B2312 wat deur die Harvardkollege sterrewag geneem is 2 PerdekopnewelDie omgewing van die newel Die refleksienewel NGC 2023 is links onder en die newel self naby die middel in die vorm van die kop van n perd Soort newel DonkerSterrebeeld JagterTipe DiffusienewelWaarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 05h 40m 59 0sDeklinasie 02 27 30 0 BesonderhedeAfstand ligjaar 1 500Skynbare grootte 8 6 boogminuteAnder nameBarnard 33 LDN 1630Portaal SterrekundeDie Perdekopnewel is sowat 1 500 ligjare van die Aarde af Dit is een van die herkenbaarste newels vanwee die vorm van sy draaiende wolk donker stof en gas wat byna soos n perd se kop lyk wanneer dit van die Aarde af gesien word 3 Inhoud 1 Oorsig 2 Galery 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsOorsig wysigDie donker stof en gaswolk is n streek in die Orion Molekulere Wolkkompleks waar stervorming plaasvind Dit is gelee in die sterrebeeld Jagter wat in die somer duidelik in die Suidelike Halfrond sigbaar is en in die winter in die Noordelike Halfrond Die teelaarde vir nuwe sterre kan tot meer as 100 bekende soorte organiese en anorganiese gasse sowel as stof bevat van die stof bestaan uit groot en komplekse organiese molekules Die rooi of pienkerig gloed kom van waterstofgas agter die newel wat deur die nabygelee helder ster Sigma Orionis geioniseer word Magneetvelde kanaliseer die gasse wat die newel verlaat in strome wat as strepe in die agtergrondgloed sigbaar is 4 n Gloeiende strook waterstofgas dui die kante van die massiewe wolk aan en die digthede van nabygelee sterre verskil weerskante opmerklik Die hoe konsentrasies stof in die omgewing van die Perdekop en Orionnewel verskil van plek tot plek en dit het afwisselende seksies van algehele deursigtigheid en ondeursigtigheid tot gevolg 5 Die donker deel van die newel word hoofsaaklik veroorsaak deur dik stofwolke wat die lig van die sterre daaragter blokkeer 6 Die onderkant van die perd se nek gooi n skadu na links Die sigbare donker newel wat uit die gaskompleks spruit is n aktiewe ligging vir die vorming van sterre met n klein massa Helder kolle in die basis van die newel is jong sterre wat besig is om te vorm Galery wysig nbsp Die Perdekopnewel en die veelvoudige ster Alnitak 1888 nbsp Gesien deur n gewone teleskoop nbsp n Foto van die Hubble ruimteteleskoop infrarooi nbsp Soos gesien deur die Europese Suidelike Sterrewag 2002 Verwysings wysig Arnett Bill 2000 Horsehead Nebula in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 September 2019 Besoek op 21 Julie 2014 Cannon Annie J Junie 1911 Williamina Paton Fleming Science published 30 Junie 1911 33 861 987 988 Bibcode 1911Sci 33 987C doi 10 1126 science 33 861 987 PMID 17799863 Sharp Nigel 2014 The Horsehead Nebula National Optical Astronomy Observatory in Engels Association of Universities for Research in Astronomy Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2020 Besoek op 21 Julie 2014 The Horsehead Nebula IC434 National Optical Astronomy Observatory in Engels NOAO Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020 Besoek op 12 Mei 2014 Morgan W W Loden Kerstin 1966 Some Characteristics of the Orion Association Vistas in Astronomy 8 83 88 Bibcode 1966VA 8 83M doi 10 1016 0083 6656 66 90023 7 ISSN 0083 6656 Mayo Greenberg J 2002 Cosmic dust and our origins Surface Science 500 1 3 793 822 Bibcode 2002SurSc 500 793M doi 10 1016 S0039 6028 01 01555 2 ISSN 0039 6028 Eksterne skakels wysigDie Perdekopnewel by The Electronic Sky van die Perdekopnewel Die Perdekopnewel in die 19de eeu deur Waldee Die Perdekopnewel by ESA Hubble Die Perdekopnewel by Constellation Guide nbsp Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Perdekopnewel nbsp Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Perdekopnewel amp oldid 2440791