www.wikidata.af-za.nina.az
Die bandgaping van n halfgeleier is die minimum energie wat benodig word om n elektron in n vrye toestand te bring waar dit aan geleiding kan deelneem Die bandstruktuur van n halfgeleier gee die energie van die elektrone op die y as en word n banddiagram genoem Die laer energievlak van n halfgeleier word die valensband genoem en die energievlak waarby n elektron as min of meer vry beskou kan word word die geleidingsband genoem Die bandgaping is die gaping in energie tussen die valensband en geleidingsband 1 Diagram van die ontstaan van n bandgaping Die opwekking van n elektron na die geleidingsband laat egter n lee spasie vir n elektron in die valensband agter n Elektron van n naburige atoom kan in hierdie lee ruimte inbeweeg Wanneer hierdie elektron beweeg laat dit n ander spasie agter Die voortdurende beweging van die ruimte vir n elektron wat n gat opening of holte genoem word kan beskou word as die beweging van n positief gelaaide deeltjie deur die kristalstruktuur Dus beide die elektron e in die geleidingsband en die holte h in die valensband kan deelneem aan geleiding Hulle word draers genoem 1 Die konsep van n bewegende holte is analoog aan die van n borrel in n vloeistof Alhoewel dit eintlik die vloeistof is wat beweeg is dit makliker om die beweging van die borrel wat in die teenoorgestelde rigting beweeg te beskryf Verwysings wysig 1 0 1 1 Christiana Honsberg Stuart Bowden Band gap PV education b cite web b AS1 onderhoud gebruik authors parameter link Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Bandgaping amp oldid 2636971