www.wikidata.af-za.nina.az
Vir ander gebruike van die termAntwerpen sien asb Antwerpen dubbelsinnig Antwerpen Nederlands ˈɑntʋɛrpe n luister hulp inligting Frans Anvers ɑ vɛʁs luister hulp inligting Engels Antwerp ˈaentwɜːrp luister hulp inligting is n stad en munisipaliteit in die noorde van Belgie aan die Schelde rivier Antwerpen is n hawestad en die hoofstad van die gelyknamige Vlaamse provinsie Die munisipale gebied bevat sowat 523 248 inwoners 2018 die grootste munisipaliteit in Belgie Sy oppervlakte beslaan 204 51 km die land se naasgrootste munisipaliteit AntwerpenKaart WapenVlag Land Belgie Streek Vlaandere Provinsie Antwerpen Koordinate 51 13 N 04 24 O 51 217 N 4 400 O 51 217 4 400 Stigting 2de eeu Oppervlakte Totaal 204 51 vk km Hoogte bo seevlak 14 m Bevolking Totaal 2018 523 248 Bevolkingsdigtheid 2 600 vk km Tydsone UTC 1 MET Somertyd UTC 2 MEST Burgemeester Bart De Wever N VA Amptelike webwerf www antwerpen be Antwerpen se sentrale stasieDie stad beskik oor n groot spoorwegstasie Antwerpen Sentraal wat verbindings na Turnhout Mechelen Brussel Lokeren en Gent bied Die Thalys hoespoedtrein verbind die stasie met die stasies Amsterdam Sentraal Nederland Brussel Suid en Parys Noord Frankryk Die stad is grotendeels op die regteroewer van die Schelde gelee Die stad is bekend om sy Rubensmuseum en die Onze Lieve Vrouw katedraal en het n gewilde toeristebestemming geword Inhoud 1 Benaming 2 Geskiedenis 3 Onderwys en ekonomie 4 Besienswaardighede 5 Distrikte 6 Geboortes 7 Eksterne skakelsBenaming WysigDie naam Antwerpen kan teruggevoer word tot die Germaanse anda werpum wat na die uitgespoelde grond langs n draai in n rivier verwys Dit sou dan die naam van die oorspronklike nedersetting op die oewers van die Schelde gewees het n Gewilde plaaslike verhaal wat van die 15de eeu dateer verklaar die stad se benaming anders Hiervolgens was daar eens n reus Druon Antigon wat in die Schelde gewoon het en tolgeld van verbygaande skepe geeis het As straf vir diegene wat geweier het om te betaal het die reus hulle hande afgekap n Romeinse soldaat Silvius Brabo het met die reus geveg en daarin geslaag om hom te dood Daarna het hy die reus se hand afgekap en in die Schelde gegooi Die bevryde stad het dus Handwerpen geheet wat later tot Antwerpen gelei het Geskiedenis WysigArgeologiese opgrawings toon dat daar reeds in die Galloromeinse tyd in die tweede of derde eeu van ons jaartelling mense aan die Schelde gewoon het Teen 1400 was Antwerpen n redelike klein nedersetting met minder as 10 000 inwoners Oor die volgende paar eeue ondervind dit geweldige groei en neem die bevolking toe tot 50 000 in 1500 en 100 000 in 1560 Tydens die Spaanse keiser Karel V se bewind het Antwerpen die belangrikste handelstad noord van die Alpe geword Saam met die toenemende welvaart het die kultuurlewe ook n bloeitydperk beleef In die opstand teen Spanje is Antwerpen grotendeels verwoes Eers is die stad in 1576 in die Spaanse Furie deur muitende Spaanse huursoldate geplunder toe omtrent 7 000 burgers omkom Hierna het die stad hom by die Bevrediging van Gent aangesluit en het hy n hoofrol in die anti Spaanse opstand gespeel In 1585 word Antwerpen na n jaar lange beleg deur Spaanse troepe verower Die Noordelike Nederlande reageer hierop deur die Scheldemonding met skepe te versper en sodoende die oorsese handel in die Antwerpse hawe tot stilstand te bring Omtrent die helfte van die bevolking verhuis na die Noordelike Nederlandse provinsies Na raming het die aantal inwoners van 80 000 tot 42 000 afgeneem Hierdie emigrante uit die Spaans beheerde stad het n belangrike bydra gelewer tot die bloeiende handel kunste en wetenskap gedurende die Noorde se Goue Eeu In die volgende twee eeue het Antwerpen nie meer dieselfde bloeivlak as voorheen geken nie Hy bly egter die ekonomiese en kulturele middelpunt van die Spaanse Nederlande en later ook die Oostenrykse Nederlande Tydens hierdie tydperk het die stad talle beroemde skilders opgelewer onder wie Rubens Jordaens en Teniers Antwerpen het as gasheerstad van die Olimpiese Somerspele 1920 opgetree Onderwys en ekonomie Wysig n Terminaal in die Antwerpse haweDie Universiteit Antwerpen UIA lok studente uit heel Vlaandere en die uitgestrekte seehawe vorm n belangrike handelsentrum Jaarliks besoek ongeveer 14 000 seeskepe die hawe Ook chemiese nywerhede het hulle hier gevestig Antwerpen is n sentrum van die diamanthandelaars Antwerpen se jaarlikse toerismebeurs Vakantiesalon word in Januarie gehou terwyl die Antwerpense boekeskou in die eerste week van November plaasvind Die stad staan bekend vir sy talle mode ontwerpers en boetieke Die belangrikste winkelstrate is die Meir klerewinkels en die Huidevetterstraat Besienswaardighede Wysig Brabo en stadhuis Rubens op die GroenplaatsIn die Antwerpse dieretuin Antwerpse Zoo op die Koningin Astridplein bij die spoorwegstasie kan die besoeker na pikkewyne ape sjimpansees groot roofdiere boksoorte en olifante kyk Koninklijk Museum voor Schone Kunsten Leopold De Waelplaats wat skilderye van Jan van Eyck Jean Fouquet Rogier van der Weyden Frans Floris de Vriendt Quinten Metsijs Joachim Patinir Marten de Vos Jan Brueghel Van Dyck Frans Hals Jacob Jordaens Theodoor Rombouts Peter Paul Rubens James Ensor Henry van de Velde Pierre Alechinsky Jacob Smits Gustave Van de Woestijne en Rik Wouters vertoon MAS museum aan die Schelde die Archief amp Museum van het Vlaamse Cultuurleven Middelheimmuseum ModeMuseum Museum Vleeshuis Red Star Line Museum Rubenshuis Zilvermuseum Sterckshof die katedraal wat skilderye van Peter Paul Rubens 1577 1640 vertoon die standbeeld van Rubens die standbeeld van keiser Pieter die Grote van Rusland stadhuis aan die Groot Mark Plantin Moretus Museum en Prentenkabinet Museum Mayer Van Den Bergh met skilderye Carolus Boromeuskerk Rockoxhuis n museum Maagdenhuismuseum Diamantmuseum die Cogels Osylei straat met huise in Art Deco boustyl en jugendstil die Boerentoring n wolkekrabber 97 meter Distrikte WysigDie stad Antwerpen het nege distrikte Hulle is Antwerpen distrik Berchem Berendrecht Zandvliet Lillo Borgerhout Deurne Ekeren Hoboken Merksem en Wilrijk Geboortes WysigFrans Hals 1582 1666 Nederlandse skilder Casparus Barlaeus 1584 1648 Nederlandse digter skrywer en teoloog Willem Ogier 1618 1689 dramaturg en komediant Jan Theodoor van Rijswijck 1811 1849 skrywer Hendrik Conscience 1812 1883 skrywer Peter Frans van Kerckhoven 1818 1857 skrywer en aktivis Max Rooses 1839 1914 skrywer en literere kritikus Henry van de Velde 1863 1957 argitek Willem Elsschot Alfons de Ridder 1882 1960 skrywer en digter Paul van Ostaijen 1896 1928 digter en skrywer Marnix Gijsen 1899 1984 skrywer en digter Rob Antonissen 1919 1972 Belgies Suid Afrikaanse taalkundige Hubert Lampo 1920 2006 skrywer Leo Apostel 1925 1995 filosoof Ward Ruyslinck 1929 2014 skrywer Jef Geeraerts 1930 2015 skrywer Eddy van Vliet 1942 2002 digter Diane Broeckhoven 1946 skryfster Jan Engelen 1946 2018 Suid Afrikaanse akteur en TV regisseur Wouter Van Bellingen 1972 politikus Ilse De Vis 1981 televisieomroeper model en aktriseEksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Antwerpen stad nl Die amptelike webwerf van die munisipaliteit en Toerisme inligting oor Antwerpen op Wikivoyage af video Antwerpen stasie Geargiveer 29 Junie 2020 op Wayback Machine Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Antwerpen amp oldid 2504687