www.wikidata.af-za.nina.az
Annelise Erasmus is n Suid Afrikaanse vryskutskrywer en seksuele filosoof Sy studeer vanaf 1986 aan die Universiteit van Pretoria waar sy in 1988 n B A graad in Sielkunde en Kriminologie verwerf Sy skryf drie boeke onder die naam Annelise maar skryf ook verskeie artikels akademies sowel as populer en verhale onder haar volle naam en van Sy verwerf in 2013 n B A Honneursgraad in Filosofie aan die Universiteit van Pretoria en in 2017 n Meestersgraad by dieselfde universiteit Die titel van haar verhandeling is Masters slaves and spiritual sexuality Inhoud 1 Lewe en werk 2 Skryfwerk 3 Publikasies 4 Ander Verwysings 5 VerwysingsLewe en werk wysigNa sy haar eerste graad ontvang werk sy van 1990 tot 1996 as joernalis by die Suid Afrikaanse Kommunikasiedienste op die redaksie van die Suid Afrikaanse Jaarboek Na die geboorte van haar kinders word sy n voltydse ma en tuisteskepper Wanneer haar kinders ouer is begin sy weer skryf asook later weer studeer Vir gesinsgeorienteerde tydskrifte skryf sy verskeie natuurartikels 1 Sy skryf ook meningsrubrieke vir die By n bylaag van die Beeld Haar boeke gee sy self uit onder die handelsmerk Goddess Unlimited Communications terwyl sy ook die erotiese webwerf www kombiekiehier co za skep Sy is getroud met Gustav Die egpaar het twee kinders Andine en Zander en bly in Pretoria Oos 2 Skryfwerk wysigOp jong ouderdom verskyn haar eerste gediggie in Patrys die maandblad vir die jeug Sy debuteer met die erotiese roman Maanvrug Die hoofkarakter is ʼn voorstedelike huisvrou wat worstel met haar seksualiteit en huwelik Die opvolg hierop is Weerloos waarin met genres en mites ʼn erotiese droom geskep word Dakini was die priesteres van Inanna die godin van liefde en seksualiteit Die leser volg Dakini op n erotiese ontdekkingstog deur die Vroeetyd en daarna Daarna volg Slavin waarin die tema van seksuele dissipline pyn en masochisme BDSM blootgele word met mense wat genot daaruit put om pyn toe te dien en te ontvang Tanika ʼn enkelouer feminis en skrywer doen navorsing oor BDSM en geleidelik word sy ingesleep om Meester Rudolf se seksslaaf te word Verbum et Ecclesia publiseer in 2017 haar artikel When equal becomes the same The spirituality of sex Have we lost it Publikasies wysig2007 Maanvrug 2008 Weerloos 2010 SlavinAnder Verwysings wysigDiedericks Erla Mari Vir kop en lyf Rapport 3 April 2011 Eloff Karin Pynlike plesier By 1 Mei 2010 Ferreira Louise Klere wys nooit ja vir verkragting Beeld 26 September 2011 Fitzpatrick Marida Godin van begeerte By 28 April 2007 Rossouw Johann Meer as net ʼn soete erotiese vrug Beeld 5 Mei 2007 Erasmus A amp Lombaard C J S When equal becomes the same The spirituality of sex Have we lost it Verbum et Ecclesia Vol 38 No 2 2017 Verwysings wysig LinkedIn https za linkedin com in annelise erasmus 80860855 dooie skakel Boekemakranka http www boekemakranka co za Annelise htm Geargiveer 9 April 2016 op Wayback Machine Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Annelise Erasmus amp oldid 2432231