www.wikidata.af-za.nina.az
Amerikaanse voetbal het in 1876 ontstaan toe verteenwoordigers van n paar Amerikaanse universiteite begin het om n gewysigde soort rugby te speel Deur die jare heen is daar gedurig veranderinge aangebring sodat die ooreenkoms tussen hierdie spel en rugby vandag maar gering is Die hoofdoel is nog altyd om die bal tot agter die teenstanders se doellyn te dra maar die metodes om dit te bereik en die reels verskil hemelsbreed van die van rugby Twee spanne speel Amerikaanse voetbalOorspronklik is die spel ook deur twee spanne van 15 spelers elk gespeel maar n span bestaan nou uit 11 spelers en die skrum wat een van die kenmerke van rugby is het verdwyn Die span in wie se besit die bal is kry vier kanse om te beweeg en as hy met die vier kanse altesame tien tree veld wen kry hy nog vier kanse so nie is dit die ander kant se beurt om te probeer Sodat die afstand wat n span vorder onmiddellik vasgestel kan word is daar elke vyf tree n streep dwars oor die veld getrek Wanneer n speler met die bal hardloop word van sy maats toegelaat om die verdedigers wat hom wil keer uit die pad te stamp As beskerming teen die stampe dra die spelers klere wat dik opgestop is en n helm wat lyk soos die wat motorfietsjaers opsit om hul kop te beskut Van al die studentesport in die Verenigde State wek Amerikaanse voetbal die meeste openbare belangstelling Wedstryde tussen die bekendste universiteite het al meermale honderdduisend toeskouers gelok Die spel het nog nerens buite die VSA posgevat nie Hierdie artikel is n saadjie Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Amerikaanse voetbal amp oldid 2063137